Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 52

FINANSIES DEEL I Boerderyskuld Stappe om die finansiële posisie van 'n boerdery te verbeter Volgens statistieke van die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het boerderyskuld gedurende die periode 2014 tot 2017 met sowat R34 689 miljoen, oftewel 30%, toegeneem en is die verwagting dat dit gedurende 2018 die R160 000 miljoen vlak kan bereik, wat ’n skuldlas van sowat 35% sou impliseer.  Deur Johan du Toit Bestuurder: Senwes Landbou-ekonomiese Dienste G emeet aan algemeen aan- vaarde norme, neig dit na die hoë kant. Dit moet gesien word teen die agtergrond van ’n verlangsaming (selfs daling) in grondpryse, strenger monetêre beleid en politieke onsekerheid. Elke boerdery beskik oor ’n unieke stel omstandighede en gevolglik is dit noodsaaklik om die impak daarvan op die finansiële posisie so akkuraat moontlik te bepaal eerder as om te wil veralgemeen. LOGIESE VERTREKPUNT – OM TE MEET IS OM TE WEET  Doen ’n deeglike ontleding van die totale boerderybesigheid (alle entiteite) se finansiële posisie. Tendensanalise van kritiese finansiële en doeltreffend- heidsverhoudings vanuit vergelykende balans- en inkomstestate oor tyd asook kontantvloeibegroting is noodsaaklik. Hoe meer intyds, volledig en betrou- baar die bestuursinligting, hoe vinniger en akkurater die ontleding, diagnose en implementering van proaktiewe of regstellende maatreëls.  Senwes Credit se Landbou-ekonomiese Dienste beskik oor ’n E-Buro diens wat juis ten doel het om sodanige ontleding vir u boerdery op ʼn jaarlikse grondslag te kan doen en te monitor.  Doen ’n strategiese ontleding (SWOT- analise) en hersien korttermyndoelwitte en langtermyndoelstellings waar nodig. 50 SENWES SCENARIO | LENTE 2018  Proaktiewe optrede deur gebruik te maak van scenariobeplannings stel u in staat om sinvol met u boerdery se finansiers te praat. Probleme kan sodoen­de betyds geïdentifiseer en gesamentlik aangespreek word.  Bepaal uit bogenoemde ontleding of probleme kort- of langtermyn van aard is aangesien dit verskillende optrede en oplossings gaan verg. OORWEGINGS OM KORTTERMYN- DRUK TE VERLIG Korttermyn finansiële probleme (gewoon- lik gebrek aan likiditeit/kontantvloei) wat nie die gevolg van swak bestuur is nie (onvoorsiene terugslag), kan relatief mak- lik reggestel word deur byvoorbeeld die volgende:  Bekom oorbruggingsfinansiering.  Onderhandel tydelike moratorium op paaiementbetalings.  Verkoop van onproduktiewe boerdery­ bates – maak balansstaat meer vaart- belyn. Produktiewe bates behoort min- stens 75% van totale bates uit te maak.  Addisionele vee/surplus graanverkope – kuddebou of berging van graan ten tye van ernstige kontantvloeidruk het selde die gewenste uitwerking.  Aanwending van finansiële reserwes – realiseer korttermynbeleggings, afkoop van polis(se) en leen teen uitkeer- polisse as werklike laaste uitweg.  Onderhandel verlengde betalingsplanne vir termynskuld en batefinansiering.  Konsolidasie van opgehoopte kortter- mynskuld, gegewe boerdery is steeds onder genormaliseerde omstandighede daartoe in staat om konsolidasiepaaie­ ment te diens. Waar O/R harde kern gekonsolideer word, behoort limiet dien­ooreenkomstig verminder te word.  Voorraadbestuur – beperk “dooie” voorraad tot die minimum. Korting op vervroegde aankope moet addisionele finansieringskoste wat aangegaan is oorskry om dit wel te regverdig. Maak dus seker tradisionele Februarie belastingaankope hou wel die nodige kontantvloeivoordele in.  Maak seker die finansieringstermyn(e) stem ooreen met bruikbaarheidsleeftyd van bate.  Effektiewe bestuur en vordering van debiteure. Uitstaande debiteure van 60 dae plus behoort indringend aan­ gespreek te word. Ongeag welke opsie(s) oorweeg word, is dit noodsaaklik om die wenslikheid (prak- tiese uitvoerbaarheid en lewensvatbaar­ heid) daarvan aan die hand van ʼn volle- dige 12 – 24 maande kontantvloeibegrot- ing te toets. Senwes Landbou-ekonomiese Dienste kan u hiermee behulpsaam wees - kontak ons gerus. * In die volgende uitgawe van Senwes Scenario word daar in Deel 2 gekyk na moontlike opsies wat oorweeg kan word wat ’n langer termyn impak op die finan- siële posisie en struktuur van boerdery- besigheid tot gevolg kan hê. Vir enige navrae kontak: Johan du Toit, Bestuurder: Senwes Landbou-ekonomiese Dienste 018 464 7543