Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 48

NUUS

Senwes en JDI trots om met Nampo Kaap geassosieer te word

Senwes en sy filiaal in die Kaap , JDI ( John Deere Implemente ) is trots om deel te wees van die eerste ooit Namp Kaap , wat deur Graan SA aangebied word .
� Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur

Die eerste Nampo Kaap geleentheid , wat beloof om net so belangrik en skouspelagtig soos sy sustersuitstalling , die jaarlikse Nampo Oesdag naby Bothaville te wees , sal by Bredasdorp Park aangebied word vanaf 12-14 September 2018 .

Die Nampo Oesdag het vanjaar ’ n rekordgetal van 82 817 besoekers oor die 4-dag geleentheid gehad !
JDI is baie trots en opgewonde om betrokke te wees en sal ook ’ n stalletjie by die geleentheid beman . Volgens Du Toit Wessels , Graan SA se assistent bemarkingsbestuurder : “ Dit beloof om ’ n wonderlike driedaggeleentheid te wees waar produsente en besoekers die beste uitstallings deur die grootste belanghebbendes in landbou kan geniet .”
JDI is amptelik in 1960 in Swellendam gestig deur Emilius Tomlinson se pa en oom . Die John Deere agentskap by JDI is nou al 57 jaar oud en is dus die oudste John Deere agentskap in Suid-Afrika - iets waarop die Tomlinson familie baie trots is . Ses jaar gelede het JDI kragte saamgesmelt met Senwes as ’ n volfiliaal . Besoekers by die JDI stalletjie by Nampo Kaap kan uitsien na die nuutste produkte en dienste van John Deere , Stihl , Lemken , JCB en Strautman . Die maatskappy verskaf ook onderdele en tegniese dienste . Met meer as 100 jaar se landbou-ondervinding het JDI die kennis om te verseker dat sy produkte en dienste aan die hoogste wêreldstandaarde voldoen .
’ n Opwindende reeks John Deere klere sal ook beskikbaar wees .
Meer opwindende nuus is dat die land se voorste landbougespreksprogram , Nasie in Gesprek , ook lewendig opgeneem en uitgesaai sal word vanaf Nampo Kaap , soos dit by die Nampo Oesdag gedoen word , danksy die borgskap deur JDI .
DIE NASIE IN GESPREK ONDERWERPE VAN BESPREKING IS DIE VOLGENDE :
• Dag 1 – 12 September – Sessie 1 09:30 – 11:00 - Hoe skep ons nuwe energie in Landbou ? Wat is die rol van georganiseerde landbou teen die agtergrond van grondhervorming , stygende lenings en meganisasie ?
• Dag 1 – 12 September – Sessie 2 – 14:00 - 15:00 – Die rol van intensiewe lewendehaweboerdery in volhoubare vleisproduksie ( fokus op skape ).
• Dag 2 – 13 September – Sessie 1 – 09:30-11:00 - Wat hou die toekoms in vir alle belanghebbendes in die garsbedryf ?
• Dag 2 – 13 September – Sessie 2 – 1400 – 15:30 Opleiding en opleidingsfasiliteite in landbou , konsolidasie of spesialisasie ?
• Dag 3 – 14 September – 09:30 – 11:00 – Jeugfokus .

JDI

Die volledige Nampo Kaap program is beskikbaar op die Graan SA webtuiste .
Senwes en JDI sien uit daarna om u by die eerste Nampo Kaap te sien .
46
SENWES SCENARIO | LENTE 2018