PRODUSENTFOKUS
Julias Ramohlabi, Senwes Bestuurder: Ontwikkelende
Produsente, besoek gereeld Dirlyn Boerdery om studente
meer te leer rakende die finansiële aspekte van boer.
Dirk de Beer en die drie studente wat hy mentor vanjaar. Van link na
regs is Khuzelemvelo Nyokana, Dirk De Beer, Mohau Sekhele en Lenah
Gaonewe.
Afronding van
aspirant produsente
Senwes klant Dirk de Beer is daartoe verbind om ’n verskil in die lewens van jong
landboustudente te maak. Hy bied praktiese opleiding en mentorskap op sy plaas, Dirlyn
Boerdery, net buite Bloemhof in die Vrystaat.
Deur Kefiloe Manthata
Senwes Kommunikasie Gegradueerde
D
irk sê dat sy motivering om
hierdie jong studente te help,
afkomstig is van sy liefde vir
die grond en sy begeerte om
dit te bewaar. “Jy kan nie van iemand wat
nie ’n verhouding met die grond het, ver-
wag om goeie besluite daaroor te neem
nie. Dit is wat ons hierdie studente leer.
“Ons wys hulle hoe om die grond te
bewerk, hoe om dit te behandel, hoe om
dit te voed, sodat dit hulle weer kan voed.
Ons verskaf ’n realistiese en praktiese
idee van wat dit werklik verg om ’n plaas
te bestuur.”
De Beer glo dat die geheim vir die
groei van die landboubedryf in Suid-
Afrika, geleë is in belegging in jong
mense. Ons moet seker maak dat hulle
die nodige teoretiese kennis opdoen en
dat hulle die instinkte wat nodig is ontwik-
kel - dit is van die uiterste belang vir die
behaling van boerderysukses.
De Beer mentor drie studente hierdie
jaar. Lenah Gaonewe, Mohau Sekhele
en Khuzelemvelo Nyokana. Gaunewe,
wat oor ’n Nasionale Diploma in
Landboubesproeiing beskik, is nou die
koördineerder van die leerlingskap op
die plaas, terwyl sy besig is om ’n B.Tech
graad in Oesproduksie te voltooi.
Sy is innig dankbaar vir die geleent
heid wat De Beer aan haar bied deur
hierdie leerlingskap. “Alles is so anders as
in die klaskamer. ’n Mens het geen benul
van dit wat jy op skool leer totdat jy dit
prakties toepas nie. Wat mnr Dirk vir ons
doen is van onmeetbare waarde. Ons kan
nooit genoeg dankie sê nie.”
Haar dankbaarheid word deur beide
Nyokana en Sekhele gedeel, wat ook nie
uitgepraat kan raak oor die verandering in
perspektief wanneer ’n mens van die klas-
kamer na die plaas verskuif nie. Sekhele
is van Virginia in die Vrystaat. Hy is ’n
tweedejaar Landboubestuurstudent by die
Sentrale Universiteit van Tegnologie (CUT)
in Bloemfontein. Hy vertel hoe moeilik dit
vir studente is om die regte plaas te vind
vir hul praktiese opleiding. “Ek het regtig
gesukkel. Ek het so baie oproepe gemaak
en moes vêr ry vir hierdie geleentheid. Dit
is waarom ek vasberade is om ’n sukses
daarvan te maak.”
Senwes Bestuurder: Ontwikkelende
produsente, Julias Ramohlabi, werk saam
met De Beer en leer die studente die
finansiële aspekte met betrekking tot die
bestuur van ’n plaas. Hy bied klasse op
die plaas aan, waar hy hulle leer van kon-
tantvloei en begrotings om seker te maak
hulle verstaan hoe om die besigheids
aspek te bestuur.
SENWES SCENARIO | LENTE 2018
37