Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 33

LANDBOUKUNDIG HET JY GEWEET?  Daar is tans sowat 16 500 hektaar avokadoplantasies in Suid-Afrika, waarvan baie in Limpopo is.  Alle avokadokultivars wat kommer­ sieel verbou word in Suid-Afrika, is sensitief vir waterstres. Goed verspreide reënval van meer as 1 000 mm per jaar is wenslik.  Avokado’s kan baie groot word en die wêreldrekord is tans 2,37kg!  Die avokado is ’n vrug van gewigbestuursprogram wees omdat die olie-inhoud daarvan voorkom dat jy ooreet - jy raak gouer versadig en die olie-in- houd in ’n avokado verlaag die behoefte om aan ongesonde kosse te peusel. Avokado’s het ook verskeie vitamines en is ryk aan vesel. Tyd vir ’n vinnige ete? ’n Avokado sal jou behoefte gou bevredig aangesien dit ge­bruik kan word as ’n toebroodjievulsel, deel van ’n slaai of dit kan alleen geëet word met sout en peper na smaak. Kyk die Nasie in Gesprek-episode oor avokado’s deur die volgende skakel te volg: http://senwes.co/avos die avokadoboom met ’n hoë vetinhoud en die wetenskaplike naam is Persea Americana. Die vrug kom algemeen voor in Mexico en Sentraal-Amerika.  Die avokado het ’n gladde en romerige tekstuur en is ryk aan mono-onversadigde vet.  Daar is meer as 500 verskillende avokadovariëteite, met die Hass- tipe wat die wêreldgunsteling is.  Avokado’s sal nie ryp word terwyl hulle aan die boom hang nie; dit bly hard terwyl dit aan die boom hang en word eers sag en eetbaar na dit gepluk is.  Om te voorkom dat ’n gesnyde avokado verbruin, moet die oppervlak van doopsouse, soppe, salsa soos guacamole met kleefplastiek toegemaak word - druk dit tot by die oppervlak van die dis om alle lug te verwyder. SENWES SCENARIO | LENTE 2018 31