Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 23

LANDBOUKUNDIG PRODUKSIEVEREISTES Klimaatsvereistes: Lae relatiewe humiditeit en baie sonskyn. Floreer in droogtetoestande. Besproeiing: Benodig min water, veral gedurende die blomstadium. Besproeiing mag drie of vier maal per jaar nodig wees indien die bome geplant is in grond wat nie baie vog hou nie. Grond: Goed gedreineerde, diep sanderige leemgrond. Dit sou ideaal wees as die grond- vog goed kan behou. Kunsmis: Organiese en anorganiese kunsmis word benodig. Dit word sterk aanbeveel om goed-ontbinde mis in die grond in te werk. Opbrengs: ’n Tien-jaar oue dadelboom lewer ongeveer 50 tot 60 kilogram per jaar. Die opbrengs neem toe soos wat die boom ouer word. Oes: Dadels is reg om geoes te word sowat ses tot sewe jaar nadat die boom geplant is. SENWES SCENARIO | LENTE 2018 21