Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 18

LANDBOUKUNDIG Mielieproduksie Bereken jou opbrengspotensiaal vir die komende seisoen vir risikobestuursdoeleindes  Deur Cobus Burger SGS NviroCrop – Besigheidsbestuurder O pbrengspotensiaal vir droë­ land­mielies word beïnvloed deur verskeie faktore, waar- van die volgende drie aspek- te uitgelig kan word as die belang­rikste inligting wat benodig word om potensiaal vir komende seisoen meer akkuraat te kan bereken:  Grondtipe gekombineer met grondvog voor die seisoen se aanplantings begin  Status van bo- en ondergrond (40 cm diepte) vrugbaarheid  Gekose plantestand Grondtipe verduidelik die variasie in grondeienskappe en dit word dan gebruik in ’n potensiaalmodel per distrik of area. Die model is ontwikkel en gekalibreer oor ’n periode van 20 jaar en is baie uniek binne die SGS NviroCrop groep. Hier volg ’n voorbeeld van ‘n paar grondtipes met hulle berekende mieliepotensiaal , met die aanname dat die gronde se nutriëntstatus redelik goed is: Avalon-grondtipe in Wes-Vrystaat (Hoopstad) Geelbruin apedaal tot 70 cm en dan wis- selende watertafel (sagte plintiet) tot op 180 cm. Profiel nat voor plant = 8.6 ton/ha Profiel half-droog voor plant = 5.7 ton/ha Hutton-grondtipe in Noordwes (Coligny) Rooibruin apedaal tot 170 cm en dan klip- keerlaag Profiel nat voor plant = 6.6 ton/ha Profiel droog voor plant = 3.8 ton/ha (gronddiepte is nie altyd ’n voordeel as profiele droog is voor plant nie. In die voorbeeld sou ‘n 120cm Hutton- grondtipe ’n beter potensiaal gehad het vir die komende seisoen). Grondvrugbaarheid verander vinniger onder sekere klimaatstoestande gekoppel aan verwydering van die gewas, as wat ons partymaal wil glo of verwag en mag jou produksie in moeilike jare benadeel. Die afgelope vyf jaar het ons uitermatige droë seisoene beleef en was gewasse se wortelstesels meer geneig om te voed in die ondergrond (40-50 cm) as in die meer vrugbare bogrond. In die 2016/17 seisoen het goed verspreide reën daartoe bygedra dat die opgeboude grondvrug- baarheid in bogrond weer effektief benut kon word en het mielies oor die algemeen daarop gereageer met baie hoë opbreng- ste. Die risiko nou is dat gedurende ’n midsomerdroogte, die nadeel van swak ondergrondchemie, opbrengste onnodig sal verlaag. Monsterneming in bo- sowel as ondergonde word aanbeveel. Onderstaande grafiek wyk af van die standaard nutriëntverwyderingskurwe wat almal ken, na die persentasie van ’n element wat op ’n sekere groeistadium opgeneem en gestoor word om optimale opbrengste te kan lewer. Die kurwe is baie meer insiggewend om vrae te kan beantwoord oor die redes waarom opbrengste goed o