Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 17

LANDBOUKUNDIG Energie is altyd die belangrikste en duurste komponent van voer en is dit waarom ’n graanplaas die mededingende voordeel vir diereproduksie het. Tabel 1: Samestelling van voerbronne wat op 'n graanplaas geproduseer word. VOERBRON Vog Stysel Suiker Olie Ru-prot NDF Lignien ME % % % % % 8 % 15 % 0.5 MJ/kg 14 31 1.1 13.4 Mieliepitte 90 74 1.7 4.5 Hominy Chop 87 41 6 7 Mieliekuilvoer 33 30 0.2 3 7 44 2.7 10.8 Groenweiding (hawer) 25 8 7.8 3.8 11 58 2.4 9.2 Mieliekopmeel (gemaal) 92 12 0 0.6 4.5 88 6.3 8.6 Staande hooi (Smutsvinger) 92 1 0 2.3 15 57 3.4 8.6 Groenweiding (Rhodesgras) 25 0 0 2.2 9 75 6 8.5 Heel mielieplant (afgesny en gemaal as stoekmielies) 92 6 0 0.6 4 85 7.5 8.1 Gras (hooi) 92 1 0 2 4 71 5.8 7.9 Mielieoesreste (op die land of gebaal) 93 0 0 0.6 4 82 8.4 7.7 duseer word, word in Tabel 1 aangetoon. Hierdie syfers kan maklik varieer, maar dit gee ’n aanduiding van die voedings­ waarde wat verwag kan word. Gebruik ’n dierevoedingkundige om die voere wat nodig is, saam te stel. Die hoeveelheid van elke voerbron in Tabel 1 wat op ’n graanplaas geproduseer word en vir diereproduksie beskikbaar is, moet bepaal word. Daarna moet die vee- produksiestelsel gekies en ’n voervloeipro- gram beplan word. Dit sal bepaal hoeveel diere met selfgeproduseerde voer aange- hou kan word. Hierdie kuddegrootte kan natuurlik uitgebrei word deur addisionele voer vanaf bure of elders in te koop. EIENSKAPPE VAN VOERE Mieliereste bestaan uit die verskillende dele van die mielieplant en word ongepro- sesseer swak benut. Mieliereste moet dus verkieslik met ‘n hamermeul gemaal word om as ’n homogene ruvoer effektief benut te kan word. Die vermenging met ander voere sal ook verbeter in die gemaalde vorm. Kuilvoer is vir verskillende redes ’n voordelige voer. Die duimreël is dat die kuil­voeropbrengs per hektaar ongeveer 5 x die graanopbrengs is wat wel met verskillende variëteite sal verskil. Dus, met ’n 8-ton graanopbrengs kan soveel as 40 ton kuilvoerproduksie per hektaar verwag word. Indien graan teen R2 000 per ton gereken word, sal die graanopbrengs R16 000 per hektaar oplewer. Om dieself- de opbrengs in die vorm van kuilvoer te realiseer, moet die waarde van die kuil- 13.5 voer dus R400 per ton wees. Die werklike voedingswaarde van tipiese kuilvoer is sowat 30% van mielies en dus R600 per ton. Kuilvoer kan dus relatief goedkoop geproduseer word. Prakties is kuilvoer ook ’n uitnemende voer. Dit het nie ’n brand­ risiko nie, kan vir jare gestoor en gepre- serveer word sonder dat voedings­waarde afneem, is reeds in gemaalde vorm en vermeng uitstekend met ander voere, is grootliks ’n gebalanseerde voer en kan alleen as ’n onderhoudsvoer dien. Dit verg egter kundigheid en ondervinding om kuil- voer korrek te maak. Mieliekopmeel en stoekmielies kan uit- stekend as droogte- en selfs produksievoer in ’n gebalanseerde rantsoen saamgestel word. Eersgenoemde bevat sowat 50% en laasgenoemde 25% graan. Om die produktiwiteit van produksiestelsels vir beeste te verbeter. Adviesdiens vir herkouervoeding Voerprosessering, voedingsbestuur en formulering van voere vir volhoubare produksieprestasie Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te komplimenteer Dr. Kobus Swart 083 262 0946 • [email protected] SENWES SCENARIO | LENTE 2018 15