JAG
Sportskiet
Sportskiet is een van die woorde in vuurwapenkringe wat baie gebruik word, en ook ’n
baie belangrike vereiste van die Vuurwapenwet vervul.
Deur Jan-Lodewyk Serfontein
Verkoopsklerk: Hinterland Wapens,
Kroonstad en Jagkenner
D
ie status van toegewyde
sportskut is iets wat baie van
ons verwerf het en wat ons ’n
handvol voordele gee rakende
vuurwapens. Daar is die afgelope tyd ook
baie mense wat aan sportskiet wil deel-
neem, en daarom kan ons die status en
die sport bespreek.
Die aantal mense wat aan skiet as ’n
sport deelneem, het dramaties gegroei oor
die laaste 10 jaar. Een van die redes vir
die groei in deelname is verseker Wet 60
van 2000, wat sekere vuurwapeneienaars
dwing om aan sportskiet deel te neem.
Indien ons meer as een wapen van
dieselfde kaliber wil besit, vereis die
Wet dat ons toegewyde sportskietstatus
verwerf, en ons eie gewere gebruik vir
sportskiet. So ook kan die meeste van
ons aansoek doen vir ’n semi-outomatiese
geweerlisensie slegs as jy dit vir sport
skiet wil gebruik. Daarby maak die Wet
voorsiening vir slegs een handwapen vir
selfverdediging. Indien jy ’n tweede hand-
wapen wil aanskaf, moet jy ’n toegewyde
sportskut wees om aansoek te doen vir
die tweede handwapen se lisensie.
24
SENWES SCENARIO | LENTE 2018
Indien jy aan sportskiet wil deelneem,
sal jy meer ammunisie benodig en gebruik
as die gewone geleentheidskut. Daarom
laat die Wet jou toe om meer ammunisie
aan te koop indien jy die toegewyde sta-
tus verwerf het, en die wapen se lisensie
onder toegewyde status uitgereik is. Daar
is dus ’n paar voordele daaraan verbonde
om aan sportskiet deel te neem. Nie net
kan jy ’n paar ekstra wapens besit nie,
maar jy mag ook meer ammunisie aanhou.
Saam met al die voordele van sport
skiet kom daar ook meer verantwoorde-
likhede. Om jou status as ’n toegewyde
sportskut te behou, moet jy elke jaar aan
’n aantal skietdae of kompetisies deel-
neem. Nie al die sportskietverenigings
het dieselfde vereistes vir die toekenning
van toegewyde sportskietstatus nie.
Verskillende verenigings beoefen ook
verskillende skietdissiplines. Daarom is dit
belangrik om by die regte vereniging aan
te sluit wat die dissipline aanbied waaraan
jy graag wil deelneem.
Die wet is nie die enigste rede hoekom
deelname in sportskiet die laaste paar
jaar gegroei het nie. Ons gewere en ander
skiettoerusting se vermoë het oor die laas-
te 10 jaar met groot spronge verbeter. Dit
het tot gevolg dat skuts nou vinniger, ver
der en beter kan skiet. En as ons iets wil
doen, wil ons gaan kyk of ons dit wel kan
regkry. Aangesien skuts die geleentheid
by skietverenigings kry om hulle toerusting
en hulself te toets en te verbeter, het die
aantal sportskuts die laaste 10 jaar baie
gegroei. Indien skuts aan sportskiet wil
deelneem, moet hulle eerstens besluit
oor hulle belangstelling en behoeftes.
Verenigings wat jaggeweer sportskiet
aanbied, sal nie die handwapen sportskut
se behoeftes bevredig nie.
Gelukkig is daar 'n groot verskeiden-
heid van verenigings beskikbaar waarby
skuts kan aansluit om hul eie unieke
behoeftes te bevredig. Die verskillende
verenigings vervul ook verskillende rolle.
Ja, hulle is daar sodat ons ’n veilige
omgewing het om aan ons sport deel te
neem, maar hulle is ook daar om oplei
ding te verskaf.
Indien jy ’n behoefte het om vinniger,
verder en beter te skiet, maar jy weet nie
waar om te begin nie, is jou naaste
Hinterland Wapens jou eerste stop.
Hinterland Wapens werk ook nou saam
met die verenigings in hulle area en sal
alle kontakbesonderhede kan verskaf van
die vereniging wat ten opsigte van oplei
ding jou behoeftes sal kan vervul. Indien
jy nie vinniger en verder geskiet kry nie,
sal Hinterland Wapens jou ook kan help
met nuwe toerusting wat jou hopelik daar
sal uitbring.