LANDBOUKUNDIG
PRODUKSIEVEREISTES
Klimaatsvereistes: Lae relatiewe humiditeit en
baie sonskyn. Floreer in droogtetoestande.
Besproeiing: Benodig min water, veral
gedurende die blomstadium. Besproeiing mag
drie of vier maal per jaar nodig wees indien
die bome geplant is in grond wat nie baie vog
hou nie.
Grond: Goed gedreineerde, diep sanderige
leemgrond. Dit sou ideaal wees as die grond-
vog goed kan behou.
Kunsmis: Organiese en anorganiese kunsmis
word benodig. Dit word sterk aanbeveel om
goed-ontbinde mis in die grond in te werk.
Opbrengs: ’n Tien-jaar oue dadelboom lewer
ongeveer 50 tot 60 kilogram per jaar. Die
opbrengs neem toe soos wat die boom ouer
word.
Oes: Dadels is reg om geoes te word sowat
ses tot sewe jaar nadat die boom geplant is.
SENWES SCENARIO | LENTE 2018
21