Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 62

•••• RUBRIEK
FOTO : LEEF

Antwoorde ís daar !

60
MILANIE VOSLOO
ONS STOEI MAAR ALMAL MET ONOPGELOSTE PROBLEME , KRAPPERIGE VERHOUDINGS , BEKOMMERNIS EN ONS EIE ONVOLDOENDE POGINGS OM IETS VAN GOD SE LIEFDE TE LEEF .

Dikwels voel ons so tekortskiet-mens wanneer ons werklik wysheid nodig het , of wanneer menseraad nie regtig meer help nie . Dan sê ons : Net God kan nou help .

Nou wonder ek : Waarom probeer ons eers op ons eie om dinge uit te sorteer ? Hoekom probeer ons eers self antwoorde kry , soek ons eers raad by ander , ontgin ons eers ons eie hulpbronne en dan ... wanneer niks meer help nie , draai ons na ons Vader ? Is Hy ons laaste uitweg omdat ons dínk ons kan self ? Omdat ons onafhanklikheid ’ n ingebore dryf is , of omdat ons tog stilweg wonder of God – daar bo – regtig belang sal stel en raad sal hê vir my klein mensebehoeftes ?
Wanneer ons uiteindelik met ons leë hande voor Hom gaan sit , onsself oopstel om Hom te hoor en radeloos voor Hom kniel , dan gebeur daar iets . Dan hoor ons : “ Jou gebed is alreeds verhoor toe jy begin soek het na antwoorde en tot jou God begin bid het daaroor .” ( Daniël 10:12b ) Ons kry nie noodwendig dadelik lig op ons vraagstuk nie , verhoudings verander nie onmiddellik nie en die werklikhede van ons uitdagings is steeds daar . Maar iets in óns verander . Ons word rustiger . Kry meer vrede . Wéét op ’ n dieper vlak wat ons moet doen en wat ons maar in ons Vader se hande kan laat sodat Hý daarmee werk . Sodat Hy – wat in elk geval in beheer is – die regte dinge kan laat gebeur , of aan ons die genade sal gee om dit wat nié kan verander nie , te hanteer .
Ons sal nie op alles in hierdie lewe antwoorde vind nie , maar wanneer ons ons lewens in die hande van ons almagtige Vader plaas , breek Hý vir ons op verrassende maniere nuwe perspektiewe oop . Gee Hy aan ons insigte , die wil om dinge anders te doen of ... daal daar eenvoudig ’ n stuk rus oor ons in die wete dat Hy daar is . Altyd sal wees . Omdat Hy ... God ís .
Vader , vergewe my dat ek so dikwels op eie houtjie probeer . Soveel keer dink ék sal self regkom ! Terwyl ek die lewe vir myself soveel makliker kan maak deur sáám met U te leef . Eers by U te gaan sit . Te wag op U antwoord . Hier ’ s ek , Here . Ek wag op U . Sonder mý wil . Sonder my dínk-ek-weet ... wag ek op U .
AUG / SEP 2017 • SENWES Scenario

Wen

HOOP WAT KAALVOET LOOP Soms druk die lewe ... soos ’ n paar ongemaklike skoene aan die einde van ’ n lang dag . Dis dán wanneer jy kan tuiskom by God ; wanneer jy jou hart se skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees met Hom kan deel . En dis in daardie veilige ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee .
Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies is propvol hoop en inspirasie . Milanie Vosloo wys jou hoe jy – ten spyte van baie dinge – kan bly dans oor die lewe en bly hoop . Hoe jy – ondanks alles – kan blý vertrou omdat jy ’ n Vader het wat jou stewig vashou . Wat jou met arms vol genade seën wil toevou .
Die oordenkings in dié dagboek is geneem uit Milanie se topverkoper-boeke Siels kos vir die vrou wat lééf ! en Laat Sy liefde jou lei . Die dagboek word afgerond met teksverse vir spesifieke behoeftes en plek vir notas agterin .
Die boek is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke . Milanie Vosloo is ’ n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het . Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van haar lesers te raak , hulle te inspireer en aan hulle hoop te bring . Jy sal vind dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid en wysheid haar lewens ondervinding as suksesvolle sakevrou , skrywer , ma en vriendin met jou deel .
Wen met Senwes en Cum Uitgewers . Een gelukkige leser kan ’ n kopie van Hoop wat kaalvoet loop , 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik , wen . SMS Senwes , Cum , jou naam , telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 30 September 2017 .
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie . Vir die volledige kompetisiereëls , besoek die webtuiste www . senwes . co . za .
JUN / JUL 2017 • SENWES Scenario
C
M
Y
CM
MY
CY
CMY
K