Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 5

A L L E S E N N O G WAT ••• • • T HIS A N D T HAT • • Pieter & Tshepo Hier is ‘n paar aanhalings van tevrede Senwes Equipment en John Deere klante. Kyk na elkeen se unieke video deur op die skakel op bladsy 10 te kliek. JOSUA PIETERSEN - POTCHEFSTROOM “ ONS belê in John Deere pro- dukte. Wat vir my uitstaan is die bougehalte en kwaliteit van John Deere. Tweedens is hulle navor­ sings- en ontwikkelingsbelegging wat hulle in die produkte belê, internasionaal en plaaslik. En die naverkopediens is van uitstaande gehalte. Ons het belê in ‘n nuwe 15FX planter. Van voor tot agter is ons gelukkig met die produk. Saam met die bougehalte kom daar dan natuurlik tegnologiese produkte by. Die iTEC skerm wat jou saadplantings en kuns­ misplantings te alle tye monitor is vir ons baie belangrik. Want vir die boer wil jy weet dat jy akkuraat werk te alle tye. Ons is mal oor die produk. Ons bloed is groen, John Deere groen. ” JOHAN PIETERSEN - POTCHEFSTROOM “ ONS gebruik die John Deere produk, die planter 15FX. Dit is een planter met ’n ‘downforce’ opsie. Die ander planters het dit nie gehad nie. Vanuit die kajuit Die groot oes bied talle uitdagings, maar Senwes Grainlink is gerat daarvoor. kan ons baie meer sien. Soos hulle sê, ons bloed is groen. ” ALBERTUS BRINK - HOOPSTAD “ ONS boer met John Deere trekkers en gebruik dit as gevolg van verskeie redes. Van die redes is die RTK sisteme - ek vind dit baie goed. Vanjaar het ons baie winde gehad en ons spore het doodgewaai. Ons sou nie die regte plekke gekry het waar ons die kunsmis vooraf ingesit het nie. As gevolg van die RTK sisteme kon ons presies op die regte spore ingaan en die bewer­ kings doen en die plantproses kon aangaan. ” HENTI HELM - HOOPSTAD “ ONS gebruik John Deere omdat dit baie gebruikersvrien- delik is. Ons operateurs verstaan dit. Dit is ’n goeie produk. Ons hou daarvan om veelsydigheid in ’n ding te hê. Ons is baie tevrede met die diens wat ons hier in Hoopstad kry. Uit die werkswin- DIE WENNERS VAN DIE VORIGE UITGAWES VAN SENWES SCENARIO IS AS VOLG: (April/Mei 2017): Cum Boeke: Mari Leonard van Kroonstad, Hannon: Christa Feldtmann van Vanderbijlpark, Sanny Soetaers van Koppies, Poppie Oosthuizen van Koppies, Leandie du Randt: Engela Kruger van Lichtenburg. kel en almal wat daarby betrokke is. Die mense ken die produk en hulle weet presies wat om te doen. Dit is die enigste kleur produk wat, as jy klaar geplant is en jy sien die produk opkom, is dit ook groen. Dit is lewe en dit beteken baie vir ons!. ” SAREL VAN DER WALT - HOOPSTAD “ JOHN Deere se tegnologie met die rekenaars en om die data huis toe te vat om beplanning te doen. Dit is baie gemaklik en gebruikersvriendelik. Jy kan meer onmiddellik doen. Ons moet wyer gaan om die koste af te bring. Dié tegnologie en die sisteme op die trekker maak dit vir ons moontlik. ” THABO VAN ZYL - WESSELSBRON “ EK het vanjaar ’n lieflike John Deere 8345 RT trekker gekoop met 16 ry .76 FX central seed- ing planter. Wat ’n wonderlike kombinasie! Mens kan plant teen ’n hoë spoed en sy akkuraatheid is uitstekend. Dit is wonderlik om ’n John Deere kliënt te wees. Hulle naverkopediens is uitste- kend. My bloed is groen, John Deere groen. ” SENWES Scenario • AUG/SEP 2017 3