Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 49
•••
• •
D RUPPE L S O P D IE DA K • •
dat die Wes-Kaap en gedeeltes
van die Oos-Kaap die afgelope
twaalf maande uiters min reën
ontvang het. Die grootste deel van
Suid-Afrika se somerreënvalgebied
het heelwat mee r as die langter-
myn seisoenale reën ontvang.
Oorspronklik was ’n sterk tipe
La Niña-seisoen voorspel, maar
’n swak tipe La Niña-stelsel het
gerealiseer.
DIE STAND VAN DIE INDIKATORE
VIR DIE 2017/2018 SEISOEN
Die tergende vraag tans is hoe
die vooruitsigte vir die komende
seisoen lyk. Reeds vanaf die begin
van April 2017 is ’n sterk El
Niño-tipe seisoen, wat gewoon-
lik geassosieer word met onder
gemiddelde reën en baie hoë
temperature, voorspel. Dit lei
gewoonlik tot swak gewasprestasie
en swak weidingstoestande. Die
International Research Institute
for Climate and Society van die
Columbia-universiteit se voorspel
ling, wat gegrond is op verskeie
voorspellingsmodelle, voorspel dat
’n ENSO-neutrale fase die mees
waarskynlike klimaatstoestand is
wat ons die komende seisoen kan
ervaar. Dit het vrese vir nog ’n
droogte tot ’n mate besweer.
Die Australiese regering se
Bureau of Meteorology, wat baie
navorsing doen op die El Niño/
La Niña verskynsels, dui die status
van die episodes as “ inactive”
aan, soos uitgebeeld in meegaande
diagram. ’n Mens moet ten minste
nog 4 maande wag om seker te
maak in watter rigting die seisoen
verloop in terme van El Niño en
La Niña-status. ’n Neutrale of
onaktiewe ENSO-tipe seisoen het
gewoonlik redelike goeie klimaats-
toestande oor die somerreënvalge-
bied tot gevolg.
Die SOI word bereken op
grond van die lugdrukverskille tus-
sen Darwin in Australië en Tahiti
in die Stille Oseaan en is een van
die indikators wat ook ernstig na
gekyk word. Die indeks gee ’n
aanduiding of die seetemperature
in die NINO 3-4 gebied gaan styg
of daal. Dit speel weer ’n groot
rol in die ontwikkeling van ’n El
Niño of La Niña- tipe siklus. Die
SOI was vir ’n geruime tyd redelik
neutraal, maar het die afgelope
maand na negatief verander. Tyd
sal egter leer oor die rigting waarin
die SOI gaan beweeg.
Die seetemperature is wel besig
om in die NINO 3-4 gebied
te styg. Ons sal hier ook moet
wag om te sien wat gebeur. Teen
September 2017 behoort mens ’n
baie beter idee te hê. Die meeste
voorspellingsmodelle dui aan dat
die seetemperatuur in die NINO
3-4 gebied nie wesenlik gaan ver-
warm nie.
Die Suid-Afrikaanse Weerburo
dui in hul nuutste Seasonal
Climate Watch aan dat die reënval
effens bo gemiddeld sal wees vir
die periode Augustus tot Oktober
2017. Die vorige twee voorspel
lings was dat ons bo-gemiddelde
reënval kan verwag, wat toe nie
gerealiseer het nie. Die volgende
kaart dui die streke aan waar
bo-gemiddelde reënval verwag
word. Wat verblydend is, is dat
dit lyk of die droë Wes-Kaap meer
reën kan verwag.
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING
Vrese is redelik besweer die afge-
lope paar weke dat die voorspel
ling van nog ’n El Niño-siklus
verander het na ’n meer neutrale
siklus. Die vorige twee droogtes
het mens en dier uitgemergel. Ons
hoop dat die komende seisoen
voorspoedig sal verloop.
SENWES Scenario • AUG/SEP 2017
47