Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 45

••• • • G R A A N MA R K V O O R UI T SIGT E • • wat etanolproduseerders maak, uiters klein. Die netto marge is tans tussen $0,02 en $0,18 per gallon etanol wat hulle produseer. Dit beteken dat die Amerikaanse geelmielieprys nie veel ondersteu­ ning van die heersende ruolieprys kry nie. Prysdrywers in die plaaslike graan- en oliesademarkte Grafiek 3. Berekende oordrag voorraad witmielies in Suid-Afrika. JSE witmielieprys konstant daal vir die dienooreenstemmende periode. Op hierdie stadium kry die Suid-Afrikaanse mielieprys nie veel ondersteuning van die Amerikaanse mielieprys nie. Internasionale kommoditeitspryse Die Amerikaners is redelik bekommerd wat hulle mielie-, sojaboon- en lentekoringopbrengs­ vooruitsigte aanbetref. Dit is rede- lik droog en verskeie markdeel- nemers voorsien laer opbrengste, wat die pryse van die betrokke kommoditeite laat styg. Die internasionale mieliepro- duksie en -verbruik neem konstant toe, veral sedert die jare 2000. Die berekende oordragvoorraad as persentasie van verbruik het redelik gedaal die afgelope twee bemarkingsjare. Dit ondersteun die internasionale prys wel tot ’n mate. Daar is redelik groot kolle in die Amerikaanse mielieproduk­ siegebied wat redelik droog is, wat die prys die afgelope paar dae sterk ondersteun het. Alhoewel die VSA redelike matige klimaat ervaar, speel klimaat ’n groot rol in hulle prysvormingsproses. Die wêreld sojaboonoordrag­ voorraad as persentasie van ver- bruik staan tans op 26,7%, terwyl die wêreld koringoordragvoorraad as persentasie van verbruik op 35,5% staan. Dit is relatief hoë oordragvoorrade wat die pryse tot ’n mate onder druk plaas. Die volgende grafiek dui die nuutste produksie-, verbruiks- en oor- dragvoorraadverwagting van die VSA aan. Energiepryse Soos bekend gebruik die Ameri­ kaners ongeveer 35% van hulle totale mielieoes om etanol te pro- duseer. Die verbruik van mielies vir etanolproduksie maak 44% van hulle plaaslike verbruik uit. Die ruolieprys verkeer tans op redelike lae vlakke met Brent ru­- olie wat gedurende Junie 2017 by $43 per vat gedraai het. Teen die huidige internasionale ruolieprys en mielieprys wat op CBOT verhandel, is die netto marge Daar is redelike kommer oor die kanse dat Suid-Afrika ’n wesenlike deel van sy berekende witmielieoorskot sal kan uitvoer. Uitvoermoontlikhede vir wit- mielies blyk op hierdie stadium redelik beperk te wees. Volgens die National Agricultural Marketing Council (NAMC) word bereken dat daar ’n oordragvoorraad van 2,2 miljoen ton witmielies teen die einde van die 2017/18 bemarkings­jaar gaan wees. Weerkundiges voorspel ’n neutrale fase van die ENSO-verskynsel, wat gewoonlik met goeie graanop- brengste geassosieer word. Die tergende vraag oor wat die toe- koms inhou - gaan ons volgende jaar weer ’n surplus produseer en vir hoe lank gaan ons rondom die berekende uitvoerpariteit beweeg? Die berekende oordragvoorraad van geelmielies, soos bereken deur die NAMC, blyk nie so proble­ maties te wees nie. Uitvoere van Suidoos-Asië het begin en verskeie markdeelnemers is redelik positief dat ons die geelmielieoordragvoor- raad redelik binne perke kan hou. Dit is ook die rede waarom geel­mielies by die R110 per ton duurder as witmielies is. Daar is wel ’n redelike skuif in die verbruik van witmielies deur die veebedryf te bespeur. Hier is die tergende vraag hoe lank ons rond­ om die berekende uitvoerpariteit gaan verhandel. > VERVOLG OP BLADSY 44 SENWES Scenario • AUG/SEP 2017 43