Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 40

•••• HA P ROMOSI N D E LSN E - U AR U S T I K EL Finansiële beplanning vir bejaardes LUCAS COETSEE LIBERTY REGSPESIALIS A s ons aanvaar dat slegs 6% van afgetredenes finansieel stabiel is, en 94% van afgetredenes dus finansieel afhanklik van die staat of familielede is. ’n Groot aantal Suid-Afrikaners emigreer en laat hul ouers agter - dit laat ons besef dat finansiële beplanning gedoen moet word vir bejaardes en spesifiek met die bejaarde in gedagte. FINANSIËLE BEPLANNING VIR BEJAARDES: • Maak seker dat jou ouers ’n geldige testament het en indien ’n ouer vooroorlede is en hulle ’n gesamentlike testament gehad het, maak seker dat die oorlewende ouer ’n nuwe testament opstel (dit kan moei­ lik/onmoontlik wees om die oorspronklike testament by die Meester se kantoor op te spoor). • Maak seker dat jou ouers ’n lewenslêer het, met ’n lys van alle beleggings, bankrekeninge, versekeringspolisse, doktersbe- sonderhede, lys van kroniese medikasie, mediese besonder- hede, ens. Hierdie lêer sal baie belangrik wees in geval van swak gesondheid (indien hos- pitalisasie vereis word) en by afsterwe. • Maak seker dat jou ouers deur ’n geloofwaardige finansiële beplanner gediens word. As dit moontlik is, maak seker dat ten minste een van die volwasse kinders betrokke is by al die finansiële besluite wat geneem word en dat die broers en 38 susters almal op hoogte gehou word. Die magsewewig tussen broers en susters is ongelooflik belangrik - jy wil nie hê dat een van hulle moet voel dat jy jou ouers manipuleer om jou eie doelwitte te bereik nie. • Probeer om jou ouers aan te moedig om internetbankdien- ste te gebruik. Dit kan baie uit- dagend wees, afhangende van hul ouderdom, want die kon- sep kan heeltemal vreemd wees en kan hulle ongelooflik kwes- baar laat voel. Tesame hiermee moet jy seker maak dat jy hulle inlig van die belangrikheid om wagwoorde veilig te hou en hulle op ’n deurlopende basis herinner aan die swendelary wat daar buite is. Die voordeel van internetbankdienste is dat jy jou ouers maklik kan help met die betaling en bestuur van rekeninge en tot ’n groot mate die administratiewe kant van hul lewens kan outomatiseer, wat in later jare so stresvol kan word. • Jou ouers mag aan jou ’n algemene prokurasie wil gee om hul sake te hanteer. Dit is belangrik om te verstaan dat ​​ ’n volmag iemand in staat stel om namens ’n ander persoon te handel wanneer daardie per- soon nie fisies teenwoordig kan wees nie. Sodra die persoon wat die volmag verleen, egter nie meer handelingsbevoeg is nie, is die volmag nietig. Om in sodanige omstandighede voort te gaan en op te tree onder die volmag, is bedrog. AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario HOE EFFEKTIEF IS 'N VOLMAG? ’n Volmag is slegs geldig wanneer ’n persoon die geestelike bevoegd- heid het - basies moet die persoon wat die volmag verleen, steeds al die besluite neem. Die persoon wat die volmag hou, is bloot ’n instrument om die besluite uit te voer (byvoor- beeld, om in ’n tou te staan en dokumente te teken, wanneer die persoon fisies te swak is om dit self te doen). Sodra die persoon wat die vol- mag verleen nie meer die geestelike bevoegdheid het nie - byvoorbeeld dementia of Alzheimer’s, dan is die volmag nie meer geldig nie en mag dit nie gebruik word nie! Om dan voort te gaan en die volmag te gebruik, kom neer op bedrog. Keer op keer sien ons die mis- bruik van volmagte deur kinders wat hul ouers manipuleer om hulleself te bevoordeel (dikwels ten koste van broers en susters) en dan met tye selfs blatant steel van hul ouers. Dit moet aanvaar word dat die- gene met ’n gebrek aan geestelike vermoëns uiters kwesbaar is en dus moet streng maatreëls ingestel word om hulle te beskerm. In lande soos die Verenigde Koninkryk het hulle die konsep van ’n “volhoubare volmag”. Hier­­ die volmag bly steeds geldig, on­ge­ ag of die gewer daarvan ongeskik raak (dit moet egter voor die ver- standelike onbevoegdheid toege­ ken word). Ongelukkig is hierdie konsep nie van toepassing op die Suid- Afrikaanse reg nie, aangesien dit baie praktiese probleme teen ’n baie klein koste sou kon oplos.