Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 39
HA N D E L SN UUS
•••
• •
• •
HERONTDEK LANDBOUBESPROEIING
Hier bied ons verskeie dienste:
Akkurate opmetings deur
gekwalifiseerde opmeters en
besproeiingskundiges.
Besproeiingstelselontwerpe vir
alle gewasse. Stelsels wat deur
Hinterland ontwerp en voor-
sien word sluit in: mikro-be-
sproeiingstelsels, drupbesproei-
ing, spilpunte, ondergrondse
drupstelsels, tinkie/AF160
oorhoofse stelsels asook pyplei
dings en pompstasies.
Hidro-meganiese stelselont
werpe.
Watergedrewe kragopwekkings
oplossings.
Elektriese kragbehoefte soos:
VSD-stelsels veranderlike
spoeddryf, kVA behoeftes,
transformators en elektriese
kabelgroottes.
Outomatisering van stelsels
Konstruksieontwerpe vir
pompkamers, gronddamme
(kategorie 0-3), betononttrek-
kingspunte en vlotte.
Algemene waterdienste soos
waterregistrasies, waterverifi-
kasies en waardasies, water-
lisensies, aanvraag vir water,
effektiwiteitstudies, artikel 33 –
herimplementering van verlore
water voor kwalifiserende
tydperk, omgewingsim-
pakstudies en Geo-
hidrouliese studies.
Juan Booysen is die
hoof van besproeiing by
Hinterland. Kontak hom gerus
by 061 076 8691 of stuur ’n e-pos
aan [email protected].
HERONTDEK VEESORG
By die vee-oplossingsdienste is
die klem op produk, tegniese
dienste en dan ook opleiding.
Met jarelange standvastige ver-
houdings met die mees erkende
verskaffers in die veewaarde-
ketting, is ons in staat om die
regte produk op die regte tyd
teen bekostigbare pryse te bied
deur ons gevestigde netwerk van
kleinhandelafsetpunte. Die ver-
houding wat Hinterland met die
grootste verskaffers van veevoere
en dieregesondheidmiddels het,
strek in baie gevalle oor etlike
dekades. Daarom is ons trots op
die produkaanbieding wat ons
vandag aan die produsent beskik-
baar stel en ons is konstant besig
om ondersoek in te stel na nuwe
produkte en tegnologie om te
verseker dat ons produsente aan
die voorpunt van hul bedryf bly.
Ons tegniese dienste sluit
kuddebestuursprogramme in
soos gesondheidsprogramme,
voervloeibeplannings, die formule
ring van rantsoene, produksie-
insetkoste, asook seleksie- en
telingsprogramme in. Ons
skakel in by bestaande
studiegroepe en boere
verenigings, wat ons
as platforms gebruik
vir die oordrag van die nuutste
tendense in die bedryf, en bied
ook ons eie inligtingsdae aan vir
die doel.
Ons plaas ’n groot premie
op opleiding. Nie net interne
opleiding om te verseker dat ons
personeel op hoogte is van die
nuutste tendense en produkte
in die mark nie, maar ons glo
ook in die waardetoevoeging van
eksterne opleiding en daarom kan
ons plaaswerkeropleiding aanbied
en gaan binnekort ook ’n boere
slagoskeuringsopleiding aanbied,
waar ons produsente uit die stoet-,
sowel as die kommersiële bedryf
wil betrek.
Hinterland is ook trots om
vanjaar die hoofborg van die
Nasionale interraskampioenskappe
in Parys tydens @ALFA te
wees, waar die land se nasionale
manlike en vroulike
interraskampioen
diere aangewys
gaan word.
Phillip Lee is die
diereproduksie-
oplossingsbestuurder by
Hinterland. Kontak hom gerus by
082 971 8692 of stuur ’n e-pos aan
[email protected].
Herontdek dít wat saakmaak
SENWES Scenario • AUG/SEP 2017
37