Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 28

•••• DIENSBESTUURDER: WERKSWINKELS HA N D E LSN U U S Jacques wil werkswinkels in ’n nuwe rigting stuur JACQUES PRETORIUS IS DIE NUWE DIENSBESTUURDER: WERKSWINKELS BY SENWES EQUIPMENT. HY VERVUL HIERDIE NUWE ROL NADAT ANTOON SMALBERGER, WAT DIE POSISIE SEDERT 2010 BEKLEE HET, AS DIE NUWE JCB VERKOOPSBESTUURDER AANGESTEL IS. AUBREY KRUGER D ie pos, wat hy sedert Mei vanjaar beklee, bied ’n nuwe uitdaging aan Jacques en hy is verseker die regte keuse, siende dat hy sedert 1997 by Senwes se werkswinkels betrokke is met 20 jaar se ervaring. Jacques het ten doel om ’n totale ommeswaai by die werks­ winkels te realiseer. Hy wil die werkswinkels in ’n nuwe rigting stuur en sy doel is “om groei te bewerkstellig en klante se diens- vlakke te verbeter, want daar is altyd ruimte vir verbetering.” Hy was vir die afgelope twee jaar die tegniese adviseur van die Senwes Noordstreek was, met agt werkswinkels wat onder hom ressorteer het. Dit het hom goed voorberei vir beheer oor die hele Senwes Equipment bedienings- gebied, met 17 werkswinkels en drie tegniese adviseurs. Daar is baie in werking gestel om diensvlakke te verhoog. Daar nou vier tegniese adviseurs. Verder is Senwes Equipment besig met ’n indiepte ondersoek by werkswin- kels, waar hy nou saam met uit- voerende bestuurder van Senwes Equipment, Ferdie Pieterse, werk om klante meer effektief te diens om “tegniese diepte in die besigheid te bring.” Jacques is hier by Senwes getoë. 26 Hy het na skool, in 1997, as vakleerling by die Parystak begin werk, waar hy in 1999 as tegnikus gekwalifiseer het. Van 2002 tot 2013 was hy as tegnikus werk- saam, gevolg deur ‘n bevordering na werkswinkelbestuurder by Parys in 2013. Hy is in 2015 as tegniese adviseur van Noord- Streek aange­stel. Van 2000 tot 2002 was hy ’n werkende voorman van Carb en Motorhersteldienste in Parys. Sy uitstekende werk spreek boekdele en hy het as Parys werks­ winkelbestuurder binne slegs twee jaar positiewe groei gerealiseer. Die titels van werkswinkel van die jaar en werkswinkelbestuurder van die jaar in 2014 getuig hiervan. Hy weet hoe om met klante te werk. “Hoewel mens eintlik nooit heeltemal sal verstaan nie, verstaan ek hoe produsente werk en weet wat prioriteit moet geniet,” sê Jacques. BOODSKAP AAN PRODUSENTE Sy boodskap aan klante: “Hoewel ons nie nou is waar ons wil wees nie, beplan ons om binne die volgende drie jaar die diensvlakke met 100% te verbeter, om tegnici gereed te hê om klante dadelik te kan help en ook om diepte in die maatskappy te kry.” Hy noem dat die belangrikste fokus is om klante altyd eerste te stel. Daar AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario word gestreef om net die beste te gee en deur dit te handhaaf en enduit vol te hou, sal dit met ons goed gaan - “Ons sit tans met ’n baie jong span wat besig is om ‘n goeie eenheid te vorm,” sê Jacques passievol. Die gebore Klerksdorper, wat in Wesselsbron grootgeword het, het Laerskool Sandveld in Wesselsbron bygewoon, waarna hy sy hoërskoolloopbaan by HTS Sasolburg in 1996 voltooi het. Die 39-jarige se pa, Bertus, het vir jare as silobestuurder by Senwes gewerk. Jacques se vrou, Alta, boer op klein skaal met beeste op haar pa, Hennie Fourie, se plaas en sy ook as Senwes se graanbemarkingsadviseur in Parys werksaam. Hulle is 14 jaar getroud en het twee kinders, Hencú (11) en Jancú (8). Hy stel klante gerus dat hy altyd beskikbaar is om probleme dadelik op te los met die laaste boodskap: “Onthou, ons kan net iets doen as ons weet van die probleem.” Klante kan Jacques Pretorius kontak by 082 455 8590 of by 018 464 7334 of stuur ’n e-pos aan jacques.pretorius@senwes. co.za.