Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 21

••• • • N UUS • • Die soeklig word tans gewerp op D ie Senwes Scenario-tydskrif is tans besig met opwin- dende navorsing rakende verskeie aspekte van die tydskrif. Ons het ’n onafhanklike maat­ skappy, naamlik MarkData (Lida Groenewald), ingekontrakteer om ’n volledige en vertroulike MAKE THE  Senwes Scenario behoeftebepaling onder ons lesers te voltooi. Senwes klante het reeds sms’e in Julie-maand ontvang dat hulle dalk gekontak kan word rakende hierdie belangrike navorsing. Dié navorsing het reeds op Maandag, 17 Julie 2017 begin en sal tot en met 1 September 2017 duur. Onderhoude sal telefonies geskied en die MarkData span sal afsprake met lesers maak wat geselek- teer is volgens ’n verteenwoordigende steekproef. Die onder- houde sal sowat 20 tot 25 minute duur en PRECISION DECISION jou deelname aan hierdie proses word hoog op prys gestel. Daar is ook fokusgroepe, waar daar meer in diepte gesels sal word oor ons lesers se behoeftes rondom Scenario. Jou terugvoer is van onskatbare waarde om te verseker dat ons aan jou, ons gewaardeerde leser, se behoeftes voldoen. Vir meer inlig- ting of enige terugvoering raken­de die Scenario, voel vry om Lida Groenewald te kontak by lidag@ mweb.co.za of 082 940 8600. Alle inligting word vertroulik hanteer. Ons streef daarna om Senwes Scenario jou top tydskrif te maak en het jou hulp nodig om hierdie visie te bewaarheid. 19