Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 20

•••• P ROMOSI E - AR T I K EL Presisieboerdery in saaiery WÊRELDWYD DRAAI INDUSTRIEË NA GEÏNTE- GREERDE DIGITALE PRO- DUKTE WAT VERHOOGDE PRODUKTIWITEIT BELOOF. FRANCOIS JANSE VAN RENSBURG NASIONALE VERKOOPSBESTUURDER, CEREALIS H ierdie effektiewe benade- ring lei dan tot ’n groter omset, iets waarna elke besigheid streef. Die Landbousektor is geen uitsondering nie. Vooruitstrewende boere maak gebruik van die beste tegnologiese toerusting vir verhoogde opbreng- ste teen ’n laer koste. Presisieboerdery is gebaseer op die beheer van insette en datage- drewe besluitneming sodat boere slimmer werk, en nie harder nie. Tradisioneel was die fokus op plantestand en populasie, maar omvattende navorsing deur die landboukundige af- POPULASIE deling van Precision Planting Amerika SPASIERING het tot die vol- SINGULASIE gende gevolg- OPKOMS trekking gelei (Fig. 1) WAT WORD BEDOEL MET DIE KOPTELLING PIRAMIEDE? As die maksimum potensiaal van ’n plant twee volledige koppe is met 16 rye in die rondte en 40 pitte in ’n ry wil ons dit graag op elke plant sien. Hoekom is daar dan plante met een of een en ’n halwe kop of geen kop? 18 Van primêre belang vir produksie is eenvormige opkoms, en wat is die faktore wat eenvormige op- koms beïnvloed? • Eenvormige vog vir ontkieming om die pitte op ’n gelyke diepte in die vogtige grond te plaas. • Eenvormige plantdiepte vir die minimum temperatuur skom- melinge en beter ontkieming. • Die regte drukking op die diepte beheer wiele. Te veel druk veroorsaak kompaksie op die wortelsone wat die ont­ wikkeling negatief beïnvloed. Proewe toon ’n 6 tot 10% opbrengsverhoging met die ge­ bruik van aktiewe drukbeheer teenoor ’n vaste verstelling. • Oesreste in die planter voor wat vog van die pit af trek en ’n hindernis in die groeipad is wat kan veroorsaak dat die plant later opkom. Dit kan bestuur word met “row cleaners”. • Saad tot grond kontak. (Nie lugleegtes om die saad nie) deur van ’n “seedfirmer” gebruik te maak word die pit in die klam grond vasgedruk. Singulasie Singulasie beteken om een enkele pit elke keer op die regte plek neer te sit. Geen mis pitte of dubbel pitte word bereik deur metereen- hede te diens en seker te maak dat die beste metereenheid gebruik word. Verder is ’n goeie planter- AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario monitor, wat waardevolle inligting van die plantproses weergee, van kardinale belang om foute in die proses te identifiseer en reg te stel. Spasiëring Met spasiëring word die individue­ le plante eweredig gespasieer om onnodige kompetisie te vermy. Dit word verbeter deur deeglik aandag te gee aan die aandrywing van die planter. Geslyte kettings en laers kan ’n nagmerrie veroorsaak. Elek- triese aandrywings per ry kan baie kopsere uitskakel die hele sisteem vereenvoudig asook variërende opsies skep. Optimale plantestand Om die optimale plantestand vir die regte kultivar en grondtipes te kry word met proewe in same­ werking met saadmaatskappye bepaal. Daar word van tegnologie soos vSet Select van Precision Planting gebruik gemaak om in dieselfde land tussen kultivars so­wel as stand te varieer. Verder word daar na voeding gekyk om die regte bemesting op die regte tyd en regte plek te plaas. Dit lei tot optimale produksie. ’n “Pop-up” kunsmis in die regte hoe­veelheid kan ’n groot verskil maak om te verseker dat in die V4 tot V6 groeistadium die op- brengspotensiaal so hoog moontlik vasgestel word. Vir meer inligting oor die beste oplossing vir jou boerdery, skakel Francois Janse van Rensburg by 082 333 1330 of [email protected]. Petrus van Staden – Senior Landboukundige by 051 853-1141 of [email protected].