Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 16

•••• NUUS Wolwehoek silo Viljoenskroon silo Vierfontein silo SENWES GRAINLINK Senwes Grainlink is topfiks vir die inname van die grootste mielieoes ooit SENWES IS ’N TOONAANGEWENDE LANDBOUMAATSKAPPY WAT REEDS 108 JAAR LANK GRAAN HANTEER EN OPBERG – ’N WARE VENNOOT VAN PRODUSENTE EN ANDER KLANTE IN SY BEDIENINGSGEBIED. DIE HART VAN SENWES IS DIE LANDBOU EN DIE SENWES GRAINLINK IS EEN VAN DIE HOOFARE VAN HIERDIE HART. DAAROM WORD DEURLOPEND STRATEGIEË ONTWIKKEL OM WAARDE TOE TE VOEG EN KLIËNTE TE ONDERSTEUN. S enwes Grainlink ondersoek deurlopend nuwe tegnologie en optimaliseer huidige bates en prosesse om deur doeltreffende bestuur vir Senwes se klante ’n vinniger en doeltreffen­der diens te 14 lewer. Uit navorsing wat Senwes gedoen het onder klante het die volgende boodskap duidelik uit- gekom: “Ons wil graan vinniger aflaai en ook graan teen ’n hoër vogpersentasie lewer.” Hoe vinni- ger produsente graan kan lewer, hoe vinniger hul omdraai­tyd, hoe vinniger kan hulle aan die mark deelneem en hoe vinniger verloop hul strooptyd. Kritieke silo’s is geïdentifiseer en daar is strategieë geïmplemen- teer om die silo’s se innametempo te verhoog. Dit het die bottelnek­ effek verminder, die vloei van vragmotors bespoedig en indien nodig sal ’n bykomende pad- weegbrug geïnstalleer word. Die silo se in- en uitweegtempo is dus met dié proses verhoog. Die verkorte omdraaityd en egalige vloei ondersteun die produsent se stroopproses. Die doeltreffende hantering en opberging van graan verg ’n wisselwerking tussen kennis, dissipline en baie belangrik, die regte aanwending van betroubare toerusting. Graandroërs en deur- lugting word gebruik om graan te droog, te temper en af te koel. Dit stel Senwes in staat om die volgende aan sy klante te bied wat graan teen ’n hoër vogpersentasie wil lewer, teen geen koste: Sonneblom met ’n vogpersen­ tasie van tot 12%. AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario Sojabone met tot 14% vog. Mielies met tot 16% vog (sekere silo’s reeds 18%) Senwes belê kapitaal in die instandhouding en tegnologiese ontwikkeling van sy infrastruk- tuur en verseker dat hantering en opberging ’n diens is wat waarde toevoeg vir die klant. 2017 OESJAAR 2017 is ’n uitsonderlike jaar en ’n 15,63 miljoen ton mielie­ oes (volgens die Nasionale Oesskattingskomitee) bring dit baie uitdagings, onder andere voldoende opbergingskapasiteit, die tempo van die in- en uitweeg- proses en inname van graan met ’n hoër vogpersentasie. Die groot oes plaas druk op Senwes se opbergingskapasiteit en veral in gebiede waar die opbrengs baie meer is as die gemiddelde langtermynopbrengs. Senwes Grainlink het egter vroegtydig silogebiede geïdentifi­ seer waar opbergingskapasiteit onder druk sal wees en is ekstra opbergingskapasiteit geskep in die vorm van silosakke en bunkers by sekere silo’s. Hierdie ekstra kapasi­ teit is geskep by Wolwehoek, Rooiwal, Viljoenskroon, Vier­ fontein en Raathsvlei. Verder skuif Senwes Grainlink > VERVOLG OP BLADSY 16