Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 12

•••• AREAFOKUS
Die Ugie Senwes Equipmenttak is geleë soos jy die dorp van Elliot nader .
Oos-Kaap > VERVOLG VAN BLADSY 9
omdat die verwoestende griep-epidemie baie kinders wees gelaat is . Dan was die skrywer , ds . Solly Ozrovech , ook op ’ n tyd hier woonagtig . Hy was ook ’ n oud-direkteure van die weeshuis . Die klein dorpie se NG Kerk staan ook uit , met die hoeksteen van die nuwe kerkgebou wat in 1953 gelê is .
Produsente vanaf Aliwal-Noord tot by Barkly-Oos en Dordrecht boer hoofsaaklik met vee , soos skape en beeste , en in baie gevalle op kleiner skaal as kommersiële produsente . Produsente in die Elliot en Ugie omgewing is meer kommersiële saaiboere , wat diversifiseer met vee . In die laaste twee jaar het die wildbedryf ook hier begin wortel skiet .
Indien jy in die omgewing is , omskep dit sommer in ‘ n lekker ervaring en besoek die Tiffindell Ski-oord , wat nie ver hiervandaan geleë is nie . Hierdie gebied is ’ n kleurvolle , prentjiemooi wêreld met asemrowende uitsigte om elke hoek en draai . Die kleurvolle huisies al langs die pad , asook ingekleurde bushaltes is veral uniek , met selfs ’ n John Deere een op pad na ons produsent in Kollig , Karel Bezuidenhout .
Oor die besigheid hier sê Nelis : “ Ek dink ons is verseker op die
Personeel by onderdele in Ugie is Jacques du Plessis ( Onderdelebestuurder ),
Mbonisani Malusi ( Onderdele Assistent ) en Jaco de Beer
( Onderdeleklerk ).
regte plek . Om in so ’ n kort tydperk met ons personeel so uit te brei is uitstekend . Daar was ’ n leemte in die area vir dit wat Senwes doen .” Die mense hier het nog tyd vir ’ n mens en het die mees ongelooflike waardering vir wat daar vir hulle gedoen word . Dit is lekker mense om mee besigheid te doen . Oos-Kaapse mense is hartsmense .
En dit is verseker nie die laaste sien van die Oos-Kaap nie , met nog ’ n tak wat eersdaags sy deure in Oos-Londen open . Bou so voort in die Oos-Kaap , Senwes Equipment !
Die werkswinkelpersoneel in Ugie is Pieter Bianchina ( Tegnikus ), Jackson Oudjan ( Vakman hulp ) en Warren Kleinsmit ( Werkende Voorman ).

Produsente gaande oor Senwes Equipment en John Deere

10
SENWES EQUIPMENT en John Deere is werklikwaar top handelsname in die landboubedryf . Volg die meegaande skakel , waar ses uiters klante hul tevredenheid met Senwes Equipment en John Deere weergee .
Daar is ’ n kort insetsel van elkeen , wat op hul onderskeie plase in die Senwes gebiede ver-
AUG / SEP 2017 • SENWES Scenario
film is . Die produ sente is Josua Pietersen en Johan Pietersen van Potchef stroom , asook Albertus Brink , Henti Helm en Sarel van der Walt van die Hoopstad omgewing , sowel as Thabo van Zyl van Wesselsbron .
Gebruik die meegaande QRkode om te kyk na die insetsels van onge veer twee minute elk en lees ook aanhalings van elkeen in Oraloor gehoor op bladsy 3 .
Kyk ook op dié skakel ’ n oorsigvideo van die Senwes Equipment Ekspo , wat vroeër vanjaar by Nampo Park plaasgevind het . http :// senwes . co / SEJD17