Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 10

••••
AREAFOKUS

Die Oos-Kaap is nou ook Senwes Equipment wêreld

VIR IEMAND WAT VAN DIE PLATTELAND AFKOMSTIG IS , WORD DIE OOS- KAAP GEWOONLIK MET VAKANSIES EN PRET GEASSOSIEER . MAAR DIE REDE HOEKOM ONS HIER IS , IS OMDAT SENWES
EQUIPMENT EN JOHN DEERE OOK NOU HIER IS VIR SY PRODUSENTE .
AUBREY KRUGER

Terwyl mens deur hierdie asemrowende mooi wêreld ry , is dit kompleet soos ’ n sprokieswêreld die oomblik wanneer jy die Oranjerivier oorsteek . Die berge en dale laat jou aan Heidi en Peter in die berge dink . Maar kom ons staan eers stil by Aliwal-Noord .

Senwes Equipmenttak in Aliwal-Noord is reg op die N6 geleë .
ALIWAL-NOORD Senwes Equipment is sedert 2016 besig om na die Oos-Kaap uit te brei met takke in Aliwal-Noord en Ugie . Senwes Scenario het die area so bietjie beter leer ken .
Aliwal-Noord se naam is deur Sir Harry Smith , die destydse goewerneur van die Kaapse Kolonie , gegee . Dit was as gevolg van sy oorwinning oor die Sikhs by die Slag van Aliwal in Indië tydens die Eerste Sikh-oorlog in 1846 , waarna die dorp in 1849 uitgelê is . Maar hoekom Aliwal- Noord ? Snaaks , want in daardie dae was daar ’ n Aliwal-Suid , wat nou beter bekend is as Mosselbaai .
SENWES SE SUKSESVERHAAL HIER Presies ’ n jaar gelede het die Aliwal-Noord tak van Senwes Equipment , op 1 Augustus 2016 , sy deure geopen . Takbestuurder Nelis van Heerden is baie trots op hierdie uitbreiding in die Oos- Kaap , want hy is van die omgewing en is van die begin af hier betrokke .
Hy het as tegnikus in 2014 vanaf Senwes in Bloemfontein hier begin werk . Wat hom veral na aan die hart lê , is dat hy en vakmanhulp , George Mosala , saam hier begin het - “ Dit was net ons twee .” George is sedertdien oorlede - hy was sewe jaar saam met Nelis werksaam . Daarna het Senwes Equipment die tak oorgekoop en op 1 Augustus 2016 die Senwes Equipment tak geopen . Nelis was ’ n Senwes tegnikus in Bloemfontein vir amper 11 jaar , vanaf Mei 2004 , voor hy weer vanaf 1 Augustus 2016 as takbestuurder by Aliwal-Noord aangestel is .
Hy is veral trots op sy personeel . “ My personeel is my prioriteit ,” sê hy passievol . Verder is dit belangrik om erkenning aan hulle te gee en hulle op te
Werkswinkel personeel by Aliwal-Noord is Walter Sauer ( Tegnikus ), Lloyd Matiya ( Vakmanhulp ) en Paul du Randt ( Vakleerling ).
8
AUG / SEP 2017 • SENWES Scenario
Kantoorpersoneel : Daniëlle van Vuuren ( Werkkaartklerk ), Nelis van Heerden ( Takbestuurder ) en Yolanda van Heerden ( Meganisasie Administrasie ).