Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 42
••••
RUBR I E K
Safex Scenario’s
met Susari
SUSARI GELDENHUYS
INLEIDING
Suid-Afrikaanse graanpryse is
bekend daarvoor om besonders
volatiel te wees weens onsekerheid
oor wat die toekoms mag inhou
vir die graanmark. Toekomstige
voorraadvlakke, invoere, hektare
aangeplant en opbrengste is slegs
’n paar van die faktore wat onse-
kerheid (en dus prysvolatiliteit)
in die mark veroorsaak het. Die
onlangse oorgang van die ou
seisoen met lae voorraadvlakke
na die nuwe seisoen met meer
gunstige produksieverwagtinge,
is ’n klinkklare bewys. Hierdie
volatiele omstandighede bemoeilik
goeie verskansings- en beleggings-
besluite vir alle markdeelnemers.
Daar bestaan egter twee algemene
hulpmiddels in die vorm van
fundamentele analise en tegniese
analise wat sal bydra tot ’n hoër
waarskynlikheid van sukses wan-
neer so ’n besluit oorweeg word.
Fundamentele analise en die
basis van tegniese analise is reeds
in vorige artikels bespreek. Die
vorige paar artikels het gefokus
op die gebruik van verskeie
instrumente in tegniese analise om
sodoende sekere besluite te kan
neem. As ’n reël kan die meeste
tegniese indikatore meer akkuraat
geïnterpreteer word in samewer
king met die interpretasie van ver-
handelingsvolumes en opebelang
as indikatore. Die onderstaande
artikel fokus op die gebruik van
volume as tegniese instrument.
VOLUME
Volume word beskou as een van
die oudste en mees gebruikte
tegniese indikatore in moderne
tegniese analise. Ten spyte van die
eenvoud van die indikator, is volu
me een van die beste instrumente
om koop- en verkoopaktiwiteite
in die mark vas te vang. Volume
word gedefinieer as die hoeveel-
heid van ’n spesifieke finansiële
instrument wat gedurende ’n
spesifieke periode verhandel. Dus,
dit toon die belangstelling van
markdeelnemers aan oor ’n sekere
tydsperiode. Daar bestaan hoof-
saaklik drie maniere om volume te
interpreteer, naamlik sterkte van
tendens, prysommekeer en uit-
breek van beduidende prysvlakke.
i) Sterkte van tendens
Wanneer pryse ’n primêre tendens
vorm (hetsy afwaarts of opwaarts),
word die sterkte van die ten-
dens gewoonlik bevestig deur ’n
opwaartse tendens in volume.
Dieselfde geld vir terugtrekkings
binne die primêre tendens, waar
volume geneig is om te daal en
dus ’n voortsetting van die primêre
tendens aandui. ’n Groter verskil
in volumes gedurende die primêre
tendens en terugtrekkings dui op
’n sterker tendens. Die verhouding
tussen ’n sterk afwaartse tendens
en verhoogde volume word grafies
voorgestel in Grafiek 1.
ii) Prysommekeer
Weens verskeie redes (tegnies en
fundamenteel), kan tendense nie
vir onbeperkte periodes volgehou
word nie. Die tydsberekening van
’n ommekeer van ’n sterk tendens
is wel belangrik, aangesien dit tot
duur gevolge kan lei indien die
ommekeer verkeerd geïdentifiseer
word. Met behulp van volume
(in samewerking met verskeie
ander tegniese indikatore 1 ) kan
die ommekeer redelik akkuraat
bepaal word. As ’n reël, sal volume
sterk afneem aan die einde van
’n beduidende tendens soos wat
markdeelnemers belangstelling
verloor (ongeag die rede), waarna
1
Tegniese indikatore wat gebruik kan word
om ‘n tendensommekeer te bepaal, is reeds in
die vorige artikels bespreek.
40
AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario