Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 30
••••
HA N D E LSN U U S
JCB en Senwes Equipment
is ’n wenkombinasie
REEDS AAN DIE EINDE VAN 2016 HET ONS BERIG
DAT SENWES EQUIPMENT DIE TROTSE AMPTELIKE
VERSPREIDER VAN JCB PRODUKTE GEWORD HET.
SEDERTDIEN WAS DAAR TALLE JCB DEMONSTRA-
SIES BY JCB UITSTALLINGS, WAARONDER NAMPO
OESDAG 2017 EN SENWES EQUIPMENT EKSPO 2017
DIE GROTES WAS.
AUBREY KRUGER
I
n Maart is Antoon Smalberger
as die nuwe JCB Verkoops
bestuurder aangestel - Senwes
Scenario het demonstrasies op pro-
dusente se plase saam met Antoon
bygewoon.
Een van dié demonstrasies
was by produsent Andries Kriek
se plaas, Middelvlei, in die
Theunissen omgewing. Kriek het
veral belangstelling getoon in die
JCB Telescopic Handler 531-70
wat sy aandag by Nampo getrek
het.
Hy is een van talle voornemen
de klante wat tans opgevolg word.
Die JCB en Senwes Equipment
span het die dag bygewoon. JCB
was verteenwoordig deur Matthew
Barkas (JCB - Streeksbestuurder
Afrika), Daniël Erasmus (JCB –
Verkoopsingenieur), en Senwes
Equipment was verteenwoordig
deur Antoon Smalberger (JCB -
Verkoopsbestuurder) en Herman
Smalberger (Bemarker Bult
fontein).
Barkas het die fynere kunsies
van die produk aan Kriek gede
monstreer met Erasmus wat
Barkas bygestaan het en ook
tegniese kennis verleen het.
28
Erasmus het aangevoer dat hulle
die diens nie net in Suid-Afrika
lewer nie - hy reis gereeld na lande
soos Zimbabwe en Zambië waar
uitstallings en demonstrasies by
skoue en boeredae gedoen word.
Hulle volg nou juis oor die 300
leidrade van voornemende klante
op en hy besoek elke dag ’n ander
handelaar. Hy noem dat demon-
strasies verseker ’n impak het en
nou begin vrugte afwerp.
Kriek hou veral van die veel-
sydigheid van hierdie spesifieke
model en die feit dat dit ’n hele
klomp voordele het omdat dit ver-
skeie take kan verrig, wat ook die
rede is dat hy na die demonstrasie
die jawoord gegee het om die JCB
Telescopic Handler 531-70 aan te
koop. Hy is ook baie tevrede met
sy aankoop.
Antoon Smalberger het beaam
dat sulke besoeke en demonstra-
sies net nog meer die uitstekende
waarde uitwys wat JCB en Senwes
Equipment aan klante bied.
Smalberger het gesê dat buiten
die Telescopic Handler, is die
Frontloader en Mini Excavator
ook baie gewild.
Vir meer inligting oor JCB
produkte en demonstrasies, kon-
tak vir Antoon Smalberger by
018 464 7571 of stuur ’n e-pos
aan antoon.smalberger@senwes.
co.za.
JCB en Senwes Equipment demonstrasies op produsent Andries Kriek se plaas Middelvlei! Hier
is Nico Meintjies (Hertzogville), Antoon Smalberger (JCB – Verkoopsbestuurder), Matthew
Barkas (JCB - Streeksbestuurder Afrika), Andries Kriek (Produsent), Daniël Erasmus (JCB –
Verkoopsingenieur) en Herman Smalberger (Bemarker Bultfontein).
AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario