Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 28
••••
DIENSBESTUURDER: WERKSWINKELS
HA N D E LSN U U S
Jacques wil werkswinkels
in ’n nuwe rigting stuur
JACQUES PRETORIUS IS DIE NUWE DIENSBESTUURDER:
WERKSWINKELS BY SENWES EQUIPMENT. HY VERVUL
HIERDIE NUWE ROL NADAT ANTOON SMALBERGER,
WAT DIE POSISIE SEDERT 2010 BEKLEE HET, AS DIE
NUWE JCB VERKOOPSBESTUURDER AANGESTEL IS.
AUBREY KRUGER
D
ie pos, wat hy sedert Mei
vanjaar beklee, bied ’n
nuwe uitdaging aan Jacques en hy
is verseker die regte keuse, siende
dat hy sedert 1997 by Senwes se
werkswinkels betrokke is met 20
jaar se ervaring.
Jacques het ten doel om ’n
totale ommeswaai by die werks
winkels te realiseer. Hy wil die
werkswinkels in ’n nuwe rigting
stuur en sy doel is “om groei te
bewerkstellig en klante se diens-
vlakke te verbeter, want daar is
altyd ruimte vir verbetering.”
Hy was vir die afgelope twee
jaar die tegniese adviseur van die
Senwes Noordstreek was, met
agt werkswinkels wat onder hom
ressorteer het. Dit het hom goed
voorberei vir beheer oor die hele
Senwes Equipment bedienings-
gebied, met 17 werkswinkels en
drie tegniese adviseurs.
Daar is baie in werking gestel
om diensvlakke te verhoog. Daar
nou vier tegniese adviseurs. Verder
is Senwes Equipment besig met ’n
indiepte ondersoek by werkswin-
kels, waar hy nou saam met uit-
voerende bestuurder van Senwes
Equipment, Ferdie Pieterse,
werk om klante meer effektief te
diens om “tegniese diepte in die
besigheid te bring.”
Jacques is hier by Senwes getoë.
26
Hy het na skool, in 1997, as
vakleerling by die Parystak begin
werk, waar hy in 1999 as tegnikus
gekwalifiseer het. Van 2002 tot
2013 was hy as tegnikus werk-
saam, gevolg deur ‘n bevordering
na werkswinkelbestuurder by
Parys in 2013. Hy is in 2015
as tegniese adviseur van Noord-
Streek aangestel. Van 2000 tot
2002 was hy ’n werkende voorman
van Carb en Motorhersteldienste
in Parys.
Sy uitstekende werk spreek
boekdele en hy het as Parys werks
winkelbestuurder binne slegs twee
jaar positiewe groei gerealiseer.
Die titels van werkswinkel van die
jaar en werkswinkelbestuurder van
die jaar in 2014 getuig hiervan.
Hy weet hoe om met klante te
werk. “Hoewel mens eintlik nooit
heeltemal sal verstaan nie, verstaan
ek hoe produsente werk en weet
wat prioriteit moet geniet,” sê
Jacques.
BOODSKAP AAN PRODUSENTE
Sy boodskap aan klante: “Hoewel
ons nie nou is waar ons wil wees
nie, beplan ons om binne die
volgende drie jaar die diensvlakke
met 100% te verbeter, om tegnici
gereed te hê om klante dadelik
te kan help en ook om diepte in
die maatskappy te kry.” Hy noem
dat die belangrikste fokus is om
klante altyd eerste te stel. Daar
AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario
word gestreef om net die beste te
gee en deur dit te handhaaf en
enduit vol te hou, sal dit met ons
goed gaan - “Ons sit tans met ’n
baie jong span wat besig is om ‘n
goeie eenheid te vorm,” sê Jacques
passievol.
Die gebore Klerksdorper, wat
in Wesselsbron grootgeword
het, het Laerskool Sandveld in
Wesselsbron bygewoon, waarna
hy sy hoërskoolloopbaan by HTS
Sasolburg in 1996 voltooi het.
Die 39-jarige se pa, Bertus,
het vir jare as silobestuurder by
Senwes gewerk. Jacques se vrou,
Alta, boer op klein skaal met
beeste op haar pa, Hennie Fourie,
se plaas en sy ook as Senwes se
graanbemarkingsadviseur in Parys
werksaam. Hulle is 14 jaar getroud
en het twee kinders, Hencú (11)
en Jancú (8).
Hy stel klante gerus dat hy
altyd beskikbaar is om probleme
dadelik op te los met die laaste
boodskap: “Onthou, ons kan
net iets doen as ons weet van die
probleem.”
Klante kan Jacques Pretorius
kontak by 082 455 8590 of by
018 464 7334 of stuur ’n e-pos
aan jacques.pretorius@senwes.
co.za.