Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 16
••••
NUUS
Wolwehoek silo
Viljoenskroon silo
Vierfontein silo
SENWES GRAINLINK
Senwes Grainlink is topfiks vir die inname
van die grootste mielieoes ooit
SENWES IS ’N
TOONAANGEWENDE
LANDBOUMAATSKAPPY
WAT REEDS 108
JAAR LANK GRAAN
HANTEER EN OPBERG
– ’N WARE VENNOOT
VAN PRODUSENTE EN
ANDER KLANTE IN SY
BEDIENINGSGEBIED. DIE
HART VAN SENWES IS DIE
LANDBOU EN DIE SENWES
GRAINLINK IS EEN VAN DIE
HOOFARE VAN HIERDIE
HART. DAAROM WORD
DEURLOPEND STRATEGIEË
ONTWIKKEL OM WAARDE
TOE TE VOEG EN KLIËNTE
TE ONDERSTEUN.
S
enwes Grainlink ondersoek
deurlopend nuwe tegnologie
en optimaliseer huidige bates en
prosesse om deur doeltreffende
bestuur vir Senwes se klante ’n
vinniger en doeltreffender diens te
14
lewer. Uit navorsing wat Senwes
gedoen het onder klante het die
volgende boodskap duidelik uit-
gekom: “Ons wil graan vinniger
aflaai en ook graan teen ’n hoër
vogpersentasie lewer.” Hoe vinni-
ger produsente graan kan lewer,
hoe vinniger hul omdraaityd, hoe
vinniger kan hulle aan die mark
deelneem en hoe vinniger verloop
hul strooptyd.
Kritieke silo’s is geïdentifiseer
en daar is strategieë geïmplemen-
teer om die silo’s se innametempo
te verhoog. Dit het die bottelnek
effek verminder, die vloei van
vragmotors bespoedig en indien
nodig sal ’n bykomende pad-
weegbrug geïnstalleer word. Die
silo se in- en uitweegtempo is
dus met dié proses verhoog. Die
verkorte omdraaityd en egalige
vloei ondersteun die produsent se
stroopproses.
Die doeltreffende hantering
en opberging van graan verg
’n wisselwerking tussen kennis,
dissipline en baie belangrik, die
regte aanwending van betroubare
toerusting. Graandroërs en deur-
lugting word gebruik om graan
te droog, te temper en af te koel.
Dit stel Senwes in staat om die
volgende aan sy klante te bied wat
graan teen ’n hoër vogpersentasie
wil lewer, teen geen koste:
Sonneblom met ’n vogpersen
tasie van tot 12%.
AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario
Sojabone met tot 14% vog.
Mielies met tot 16% vog
(sekere silo’s reeds 18%)
Senwes belê kapitaal in die
instandhouding en tegnologiese
ontwikkeling van sy infrastruk-
tuur en verseker dat hantering en
opberging ’n diens is wat waarde
toevoeg vir die klant.
2017 OESJAAR
2017 is ’n uitsonderlike jaar en
’n 15,63 miljoen ton mielie
oes (volgens die Nasionale
Oesskattingskomitee) bring dit
baie uitdagings, onder andere
voldoende opbergingskapasiteit,
die tempo van die in- en uitweeg-
proses en inname van graan met ’n
hoër vogpersentasie.
Die groot oes plaas druk op
Senwes se opbergingskapasiteit en
veral in gebiede waar die opbrengs
baie meer is as die gemiddelde
langtermynopbrengs.
Senwes Grainlink het egter
vroegtydig silogebiede geïdentifi
seer waar opbergingskapasiteit
onder druk sal wees en is ekstra
opbergingskapasiteit geskep in die
vorm van silosakke en bunkers by
sekere silo’s. Hierdie ekstra kapasi
teit is geskep by Wolwehoek,
Rooiwal, Viljoenskroon, Vier
fontein en Raathsvlei.
Verder skuif Senwes Grainlink
> VERVOLG OP BLADSY 16