Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 11
•••
• •
A RE A F O KUS • •
Heel links: Die Generaal
Hertzog-brug wat jou
oor die Oranjerivier
neem is tussen 1935 en
1937 gebou.
Links: Die blokhuis van
die Anglo-Boereoorlog.
Elton Willemse is jou trotste onderdele-
bestuurder by die Senwes Equipmenttak in
Aliwal-Noord.
bou. “Daarom sê ek baie vir
hulle, dankie, ek waardeer dit
wat jy doen”. Sy personeel by
Senwes Equipment in Aliwal-
Noord sluit in homself as tak-
bestuurder, sy vrou Yolanda
van Heerden (Meganisasie
Administrasie), Daniëlle van
Vuuren (Werkkaartklerk),
Walter Sauer (Tegnikus), Paul
du Randt (Vakleerling), Lloyd
Matiya (Vakmanhulp), Elton
Willemse (Onderdelebestuurder)
en GJ Pretorius (Heelwerktuig
verkoopsman) met Janko Pretorius
(Werkende Werkswinkelvoorman),
wat op 1 Augustus 2017 by hulle
aangesluit het.
Hulle groei geweldig hier sê
hy - vanaf 2 persone in 2014 (as
Agrico) tot 16 tans, met 9 per-
soneellede in Aliwal-Noord en 7
in Ugie, sowel as Roy Moorcroft
en Riaan Grobler wat ook die ge
bied diens.
TAKGESKIEDENIS
Nelis vertel dat die perseel waar
op die tak geleë is, voorheen
Dampier Motors se tweedehandse
motorhandelaarstak op die dorp
was, daarna Agrico en toe Senwes
Equipment.
Aliwal-Noord het baie interes-
santhede. Daar is die ou bekende
blokhuis van die Anglo-Boere
oorlog, dan ook verskeie mooi
geboue soos die NG Kerk en
natuurlik, die Rooms-Katolieke
Sacred Heart Katedraal.
Die brug wat jou in die dorpie
inneem staan bekend as die
Generaal Hertzog-brug wat tussen
1935 en 1937 opgerig is. Dit het
die ou Frere-brug vervang wat in
1880 opgerig is. Plaaslikes vertel
dat jy gereeld verkleurmannetjies
te koop kry, wat smouse aan
jou probeer verkoop. Van diere
gepraat, hierdie gebied is ook
bekend vir fossiele van klein
akkedisse soos die Eupakeria
tot groot dinosourusse. Daar is
al selfs fossiele van die reptiel,
Uranocentrodon, hier gevind .
Daar is ook van die top herberge
in die land en die area is ook
bekend vir sy visvangwaters van
die Bel- en Kraairiviere wat hier
vloei.
Soos jy deur die Oos-Kaap
na Ugie ry, steek jy onder andere
verskillend passe in die gebied
oor. Interessant, die Oos-Kaap
het 8 uit die top 10 hoogste
passe in Suid-Afrika, met Naudé’s
Nek (2590 m) en Bastervoetpas
(2240 m) die hoogstes hier rond.
Die gebied is veral gewild onder
4x4-entoesiaste. Die Barklypas
en die Kraairivierpas waaroor ons
gery het, is maar die 27ste en
75ste hoogste passe in die land.
Springbok rugbyspelers Frans
Steyn en Bennie Osler is ook in
die dorp gebore.
UGIE
Eerstens, Ugie word as ‘You’gie'
uitgespreek en is deur die sende
ling eerwaarde William Murray
gestig, omdat hyself by die
Ugierivier in Skotland gebore is.
Die dorp is in 1885 gestig.
Soos jy die dorp binnekom,
sien jy die groot plantasies van PG
Bison, ’n welbekende kenmerk
van die gebied, met die Senwes
Equipment tak op die hoek van
Boom- en Hoofstraat in Ugie.
Soos Nelis genoem het, groei
die personeelgetalle geweldig.
Die personeel van Senwes
Equipment in Ugie is Susan
Leibbrandt (Werkkaartklerk),
Warren Kleinsmit (Werkende
Voorman), Jacques du Plessis
(Onderdelebestuurder), Jaco
de Beer (Onderdeleklerk),
Pieter Bramchina (Tegnikus),
Mbonisani Malusi (Onderdele
Assistent) asook Jackson Oudjan
(Vakmanhulp), wat produsente
bystaan.
Hier is die Tsitsa Waterval
bekend onder avontuurlustiges
en spore van dinosaurusse kan op
’n nabygeleë plaas besigtig word.
Getrou aan landbou, is daar ook
’n trekkermuseum.
Nog dinge waarvoor die dorpie
bekend is, is dat ’n bekende wees
huis in 1918 hier opgerig is,
> VERVOLG OP BLADSY 10
SENWES Scenario • AUG/SEP 2017
9