Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 8

••• HO OFAR TI K E L Finansiële resultate > VERVOLG VAN BLADSY 4 VERANDER DIE DNS VAN DIE MAATSKAPPY MET KLANTGERIGTHEID EN INTEGRASIE Klantgerigtheid Normaalweg sit Senwes en die klant aan weerskante van die tafel. Daar word nou van Senwes verwag om om die tafel te stap en saam met die klant na sy besigheid, langtermynbehoeftes en oplossings te kyk. Hier word nie meer net ’n produk verkoop nie, maar oplos­ sings. Tweedens is die Senwes struktuur strategies in verskillende afdelings ingedeel – fokus en vaardighede word apart gestruktureer wat intern sin maak. Dit moet ons egter nie verhoed om die klant op ’n geïntegreerde basis te bedien nie. Al verkoop jy trekkers, moet jy vir jou klant kan sê dat hy nie nou ’n trekker nodig het nie, maar eerder meganisasiebeplanning. Dan is jy besig om te integreer in die besigheid.” So word die klant deur die landbouekonoom gehelp om kontant te genereer sodat die vermoë volgende jaar bestaan om wel ’n trekker te koop. Integrasie Tans is daar net ’n oorvleueling van 30% ten opsigte van die klantebasis tussen die verskillende Senwes divisies. Daar is dus nog 70% potensiaal om mekaar se klante aan mekaar voor te stel. Gekwantifiseerd het dit ’n effek op die netto lyn van sowat R100 miljoen. Intern is daar dus ’n baie groter vermoë om inkomstelyne te genereer. WAT HET ONS GEDOEN? Finansiële lyne is herbeding en met R1 miljard verhoog omdat klante onder kontantvloeidruk is, maar ook om Senwes se interne groei te finansier. Onthou: Ons klant kan 6 homself nie uit die moeilikheid uit spaar nie. Hy kan homself net uit die moeilikheid uit boer. Ons moet geduldig wees met die vorige seisoen se skuld, en help met volgende jaar se finansiering – Ons is tipies in daardie maak-of-breekjaar. WAT HET ONS NODIG IN DIE TYD? DIREKSIE, PERSONEEL, KLANTE EN VERSKAFFERS In so ’n moeilike jaar is ’n toe­ge­wy­ de direksiespan, komiteestrukture wat op hul werk gefokus is en uitnemende personeel wat ten spyte van elke dag se konfrontasie steeds gemotiveerd bly, van die uiterste belang. Dan ook ’n klantebasis wat begrip het vir dit waardeur ons gaan en hoe goed dit is om ’n vennoot in Senwes te hê wat aan sy kant van die tafel gaan sit om hom te help. Verder is insetverskaffers nodig wat jou ondersteun deur moeilike siklusse. HOU DIE GROTER PRENTJIE IN DIE OOG By uitstek versoek ek dat ons as besigheid ’n bydrae tot die gemeenskap moet maak, tot die ekonomiese aktiwiteite van ons gemeenskap, die produksievermoë, sowel as tot die personeel wat vir ons werk. Dan werk ons effektief en produktief aan Suid-Afrika. Doen die regte dinge op die regte manier sodat ons ’n positiewe bydrae tot Suid-Afrika maak. Terwyl ek dankie sê, vra ek ook dat jy nog harder sal probeer om jouself, Senwes, die gemeenskap en Suid-Afrika in die proses te verbeter. Ons het nie êrens anders om heen te gaan nie. Ons moet ons eie land maak werk! Dankie aan elkeen van ons personeel wat hard gewerk het om die jaar en ook die toekoms te betree. Eerste JD 9570 RX Afgelewer Wesselsbron mielieprodusent, Lourens van der Linde en sy seun Lourens neem ontvangs van hul nuwe John Deere 9570RX, wat hulle by Nampo opgeraap het vir ’n hele paar rand. Senwes Equipment se Wessel Visagie het die sleutels oorhandig op die Van der Linde plaas, Klein Constantia, op Donderdag, 14 Julie 2016, net betyds om in hierdie uitgawe ingesluit te word. Senwes Equipment Uitvoerende Bestuurder, Ferdie Pieterse, sê dié indrukwekkende masjien het ’n uiters groot indruk gemaak by Nampo! Moenie die volle storie in die volgende Scenario uitgawe mis nie. AUG/SEP 2016 • SENWES Scenario