Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 7
2015/16
FINANSIËLE RESULTATE
Die mees volatiele landbousiklus ooit
36,8%
WINS NA BELASTING
R156 m
Die strafste El Niño droogte in die geskiedenis het die afgelope seisoen geheers. Dit was in opvolging van ‘n droë seisoen in die 2014/15 jaar en is grootliks verantwoordelik vir die swakker resultate van Senwes se operasionele divisies, filiale en gesamentlike ondernemings.
54,9%
GENORMALISEERDE WESENSVERDIENSTE
79 s/a
Die daling in genormaliseerde wesensverdienste per aandeel is toeskryfbaar aan dieselfde faktore
wat verantwoordelik is vir die daling in netto wins na belasting, maar sluit beëindigde bedrywe uit.
0,8%
DIVIDENDOPBRENGS
3,9 %
Ten spyte van ‘n laer dividend, dui die dividendopbrengs van 3,9% steeds op stabiele kontantvloei
vir beleggers.
MARKTOEGANG
Senwes Grainlink se finansiële resultate is beïnvloed deur hoër oordragvoorraad en verbeterde voorraad- en kostebestuur. Ten spyte van ‘n
onder gemiddelde oesjaar is die markaandeel
gehandhaaf en word dit gereflekteer in die
goeie netto resultaat. Tradevantage het bo
verwagting presteer ten opsigte van volumes.
Verhandelingsmarges is egter onder druk aangesien die mark nie drakoste ten volle vergoed
het vir vooruitkontrakte nie. Tradevantage het
homself ook in die geelmieliemark as erkende
markspeler gevestig. Nieteenstaande volumedruk het Grainovation bo verwagting goed
presteer en sy markaandeel is ook suksesvol
uitgebrei.
28%
FINANSIËLE DIENSTE
Droogtetoestande het produsente genoop om minder aan te plant, wat ‘n
afplatting in die opname van produksiekrediet reflekteer. Senwes Credit was
omsigtig en alhoewel balansstate en
sekuriteitsposisies van kliënte steeds sterk
is, is ‘n groot algemene voorsiening in
die proses geskep. Twee opeenvolgende
droogtejare het ‘n impak op die kliënt se
terugbetaalvermoë en die herstel hiervan
sal waarskynlik meer as een seisoen neem.
Die Certisure vennootskap tussen NWK en
Senwes het in die uitdagendste landboujaar in dekades daarin geslaag om marges
en winste te handhaaf.
VOORUITSIGTE
Weens die 32% afskaling in hektare aangeplant vir die 2016/17 bemarkingseisoen en ‘n swak
oesopbrengsverwagting op die 68% hektare wat wel aangeplant is, verwag Senwes ‘n uitdagende 2016/17 finansiële jaar. Alhoewel die verhoging in kommoditeitspryse gedeeltelik opmaak
vir die verlaagde volumes, sal die produsenteklant na verwagting eers sy skuldvlakke normaliseer
alvorens hy spandering op kapitaalgoedere voortsit. Voorts is heelwat insetmiddele vir hektare
wat nie aangeplant is nie, reeds in die vorige finansiële jaar aangekoop en sal die kleinhandels- en
direkte insetbesighede nie vanaf die normale basis hul produkte bemark nie. Die graanbesigheid
sal die volle impak van die afskaling, sowel as die verlaagde oesopbrengste, ervaar en boonop met
‘n baie lae oordragvoorraad die nuwe jaar moet aanpak.
DIVIDENDVERKLARING
‘n Dividend van 20 s/a (2015: 26 s/a) is verklaar vir alle
aandeelhouers geregistreer as sulks op die aandeleregister op 26 Augustus 2016 en die dividend sal na verwagting teen 2 September 2016 betaal word. Op las van die
direksie.
BYDRAE TOT TOTALE WINS
UIT BEDRYFSAKTIWITEITE
70%
BYDRAE TOT TOTALE WINS
UIT BEDRYFSAKTIWITEITE
BYDRAE TOT TOTALE WINS
UIT BEDRYFSAKTIWITEITE
Die wins na belasting het van R247 miljoen na R156 miljoen verlaag, terwyl die genormaliseerde wesensverdienste verlaag het van 175 s/a na 79
s/a. Goeie kontant is egter gegenereer uit die bedryfsaktiwiteite van R164 miljoen, nadat dividende en rente van R89 m