Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 61

••• K O MPE T ISIE S Wat doen jy met jou tuin in Augustus B eplan nou jou tuin om die optimale effek van plante te verkry om jou tuin mooi en aantreklik te maak. MEERJARIGE PLANTE 1. Verwyder doodgerypte blare en ou stokkerige hout. 2. Verdeel plante wat dit benodig soos digte vlasse en siergrasse in goed voorbereide beddings - bemes en gee ge­ noeg water. 3. Plant nuwe bome en struike. Doen eers voorkomende witroesbespuiting en voorkomende beheer van plant­ luise. Bome en struike moet kunsmis aan die begin van ’n seisoen kry. GRASPERKE 1. Doen die “lentebehandeling” - sny kort, hark goed, voed oor­vloedig, maak gelyk, bedek met organiese grasperkbemesting en maak goed nat. Gebruik rooigrond of erdwurmkompos vir enige ongelykhede. 2. Die behandeling word nie aanbeveel vir polvormende grasse soos Evergreen of Shade Over nie en slegs vir ranktipe grasperke. 3. Spuit gereeld vir molkrieke met Protek se MERIDIAN. 4. Stel grassnyerlemme hoër. ROSE 1. ’n Goeie tyd om rose te snoei is einde Julie. Snoei rose reg – sny alle ou hout uit, lekker kort sodat mooi nuwe lote uitkom. Sny bo ‘n ogie na buite. 2. Seël alle gesnoeide lote om snywurm te keer. 3. Spuit die hele roos met kalkswael om siektes te dood. 4. Verwyder blare en takke van die vorige jaar onder die rose. Gooi nuwe deklaag. Moenie naby die stam werk nie. 5. Gee kunsmis wat spesifiek daarvoor geformuleer is. 6. Bespuit gereeld met Rosecare teen swamsiektes. 7. Dit is nou 'n goeie tyd om rose te plant of te verplant. S CARL KIRSTEIN - LANDSKAP EN INTERIEUR (Verdant Kwekery) pring plash COLLAGEN SMOOTHING SERUM EN LIQUID FACE LIFTING SERUM Na die ouderdom van 35 verminder kollageenproduksie in die vel drasties en in baie gevalle stop dit teen die ouderdom van 40. Die Liquid Face Lifting Serum en die Collagen Smoothing Serum help op verskillende maniere met kollageenproduksie. Met Collagen Smoothing Serum verkry die vel ‘n onmiddellike uitplompingseffek. Die vel kan direk kollageen-7 absorbeer om die tek­ stuur en volume van die vel te verbeter. Dit kan onder of bo-oor enige ander serum aangewend word, want dit bevat die aktiewe bestanddeel Chronoline, wat hoogs absorbeerbaar is. Die Liquid Face Lifting Serum penetreer tot binne die basale laag van die vel waar dit kollageenproduksie tot topspoed versnel. Die serum aktiveer die veselagtige tipe kollageen wat binne sekondes styftrek en die vel gladder laat vertoon. SMS Senwes, Hannon en jou naam, tele­ foonnommer en e-posadres na 31 022 voor 30 September 2016 om ‘n kans te staan om een van twee geskenkpakke van Liquid Face Lifting Serum en Collagen Smoothing Se­ rum ter waarde van R1 270 elk te wen.. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls besoek die webtuiste www.senwes.co.za. Die wenners van die vorige uitgawes (April/ Mei 2016) is as volg: Senwes Equipment en John Deere Selfiekompetisie: Amanda Haasbroek. CUM: Elna Kruger van Lichtenburg. Hannon: Yvonne van Deventer van Standerton, Tia van Loggerenberg van Amanzimtoti. Meesterboere: Hester du Preez van Heilbron. 59 ie s o m o r p ! n a a u no