Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 6

•••
HOOFARTIKEL

Finansiële Resultate met Francois Strydom

4
AUBREY KRUGER
OM PERSPEKTIEF IN ’ N JAAR SOOS HIERDIE TE KRY MOET JY NIKS OOIT IN ISOLASIE BEOORDEEL NIE .
JY MOET EERS GAAN KYK WAAR
JY BINNE ’ N LANGER SIKLUS
STAAN .
TERUGBLIK OP SUPERKOMMODITEIT­ SIKLUS TOT 2010 Vanaf 2000 tot 2010 is ’ n superkommoditeitsiklus ervaar , vanweë die feit dat dit goeie reënjare was . Die beste van twee wêrelde is ervaar , waar prys produksie getrek het , daar goeie verbruik was met goeie volumes en ’ n groeiende BBP .
SIKLUS VAN 2010 NA 2015 Vanaf 2010 / 2011 het die siklus egter verander . Oor die afgelope ses produksieseisoene was daar drie swak jare , waarvan die laaste die heel swakste was , asook een normale en een gemiddelde jaar . Wat dit erger maak , is dat dit volg op 2014 / 2015 , wat klaar ’ n sub-optimale jaar was .
In Senwes terme beteken dit dat ons graanoordragvoorraadvlakke daal in terme van benuttingskapasiteit . ’ n Tweede komponent
AUG / SEP 2016 • SENWES Scenario
is dat ons klantebasis toenemend onder druk verkeer . Produsente sny terug op kapitaalitems en by bedryfs kapitaal word na kostebesparing gekyk . Volumes is laer en marges krimp , wat keer dat voorraadvlakke verhoog . Dit plaas druk op die balansstaat as gevolg van hoër koste . Al hierdie dinge dui op ’ n laer finansiële resultaat , wat ook die geval was met Senwes se R156 miljoen netto wins , wat baie laer was as die vorige jaar .
DIE EFFEK VAN TWEE SEISOENE Wat ons ervaar is die effek van twee seisoene - die vorige jaar se oes en die nuwe jaar se aanplantings . Die nuwe jaar gaan ’ n baie swak oes en lae volumes hê weens die 32 % minder hektare wat aangeplant is . Die 68 % hektare wat wel aangeplant is , het ook ’ n sub-optimale opbrengs gelewer . Waar ons normaalweg ongeveer 2.6 miljoen ton graan hanteer , sal ons net sowat 1 miljoen ton graan hierdie jaar hanteer .
WAT IS DIE EFFEK HIERVAN ? In die 2015 / 2016 finansiële jaar was die effek op die netto winslyn R100 miljoen . Die huidige jaar se potensiaal is R150 miljoen laer . In werklikheid het die insident ’ n impak op drie jare . Die effek word op R40 miljoen tot R50 miljoen vir die 2017 / 2018 seisoen geraam . Dus ’ n totale potensiële effek van R300 miljoen .
2015 / 2016 FINANSIËLE JAAR Senwes het ’ n omset van R9,2 miljard en ’ n netto wins van R156 miljoen behaal , en kontant van
R500 miljoen is uit ons bedryfsaktiwiteite gegenereer . Die kontant is krities vir ons renterekening met klante wat onder kontantvloei druk is , ons eie balansstaat wat swel en meer geld word aan finansieringskoste bestee . Dan moet die dividendbeleid ook gehandhaaf word . Ons het steeds ’ n opbrengs op ekwiteit van 8,5 % gelewer . Die netto batewaarde was ten spyte van die omstandighede 48,7 sent per aandeel hoër , wat vertel dat Senwes steeds aandeelhouerwaarde veredel . ’ n Finale dividend van 20 sent is verklaar , wat die totale dividend vir die jaar op 45 sent per aandeel te staan bring . Dit gee ons ’ n dividendopbrengs van 3,9 % op ons openingsmarkprys .
VERSKILLENDE BEDRYWE TYDENS DIE AFGELOPE JAAR Die afgelope jaar het ons verlaagde , maar steeds goeie graanvloeie gehad . Grainlink het relatief goeie resultate gelewer en ons is goed posisioneer rakende graanbestuursvermoë en is daar streng na kosteeffektiwiteit gekyk . Insetbesighede was onder druk , maar Grainovation en Certisure het nog goed gedoen . Senwes Credit was ook onder druk .
VERWAGTINGE VIR DIE NUWE JAAR Met laer graan wat deurvloei gaan afdelings onder druk wees met klante wat nog nie nuwe kapitaal het nie . Die terugbetalingsvermoë van klante is ook onder druk . Ons gaan ’ n moeilike jaar tegemoet en sal baie effektief moet wees .
> VERVOLG OP BLADSY 6