Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 56

••• TOEKOMSFOKUS
•••
JENNY MATHEWS

DIE KRAG VAN DIE INDIVIDU

ONS HET GEDURENDE JUNIE DEUR DIE NOORDWES , VRYSTAAT EN DIE KZN MIDDELLANDE GEREIS . DIE EFFEK VAN DIE DROOGTE KON ORAL GESIEN WORD .

Ons het vee sien wei op die grasvlaktes en die voorheuwels van die Drakensberg en gewonder hoe hulle die winter gaan oorleef . Wat my die meeste ontstel het was die damme en riviere in die landelike omgewing in Kwazulu-Natal , waar ek my kinderjare spandeer het . Nog nooit vantevore het ek damvlakke so laag en riviere so stil sien vloei nie - as die riviere enigsins gevloei het . Riviere draai kaal kurwes in stilte rondom die kontoere van KwaZulu-Natal met poele van slyk om hul eens vloeiende verloop te definieer . Die spilpunte het doodstil gestaan met net hier en daar ’ n dapper een wat vuil , bruin water met tussenposes op die groenvoer vir die melkkoeie uitspoeg .

Ek is bevrees ek word oud wanneer ek my sinne met “ Toe en jonk was ...” begin , maar : Toe ek jonk was , het ons piekniek gehou langs sprankelende bergstrome of ons binnebande sonder sorge in die vinnig-vloeiende riviere gegooi wat deur die groen landskap
gekronkel het , sonder om ooit aan die moontlikheid te dink dat die riviere kan opdroog of in kleierige modderpoele kan verander ; of dat dit verklaar kan word tot besoedelde , toksiese water wat totaal ongeskik is vir menslike gebruik ... en as dit nie geskik is vir jou en my nie , wat van ons diere en die groente onder besproeiing wat ons eet ?
Om die waarheid te sê , dis baie maklik om depressief en oorweldig te voel deur die probleme in ons wêreld wat wissel van politieke chaos , persoonlike veiligheidsprobleme en ernstige ekonomiese krisisse , tot omgewingsprobleme wat die voortbestaan van die mensdom bedreig . En tog , selfs op hierdie oomblik in die armste dele van die wêreld en midde-in oorloggeteisterde lande , klop die hart van die mensdom voort ... Mense leef , haal asem , skenk geboorte , glo en beur voort ... Die werklike GROOT VRAAG is , hoe gaan ek en jy dit hanteer ? Hoe gaan ons die toekoms benader ? Waarop gaan ons fokus en hoe sterk is ons geloof ?
Daar is soveel dinge waaroor ons absoluut geen beheer het nie . Ons kan niks daaromtrent doen nie , wat beteken dat ons moet ophou om ons daaroor te bekommer , aangesien dit die belangrikste oorsaak van hulpeloosheid en soms oorweldigende depressie is . As ons wys is , sal ons die sake waarvoor ons ons beywer , sorgvuldig kies . Sulke sake moet in areas wees waar ons iets konstruktiefs kan doen wat ’ n verskil in ons wêreld en in die lewens van ander sal maak .
Ek word al ’ n geruime tyd oorweldig deur aspekte rondom die besoedeling en vernietiging van ons planeet , soos die huidige waterkrisis . Ek raak bekommerd wanneer ek statistiek soos die volgende , lees : Daar is 5,25 triljoen stukkies plastiekrommel in die oseaan en ’ n beraamde 269 000 ton plastiekrommel dryf op die oppervlakte van die oseaan ! Sekerlik soos jy ook , gee ek opreg om vir baie ander sake ook : armoede , ondervoeding , bemagtiging deur onderwys , grondhervorming , die impak van klimaatsverandering , waterkwaliteit , ensovoorts .
So ! My nuwe selfhelp-teorie oor Hoe om in ’ n Chaotiese Wêreld te Oorleef lyk nou soos volg : “ Ons het net een lewe om te leef en ons het ’ n verantwoordelikheid om dit goed te doen - Maar !!! Ek kan net doen wat ek kan doen om die veranderinge te maak wat ek graag wil sien !" Dit beteken dat , as ek omgee oor plastiekbesoedeling , moet ek ophou om ’ n lawaai te maak oor die groot dinge en begin om klein veranderinge in my eie omgewing aan te bring . Ek moet my herbruikbare inkopiesakke terugneem na die supermark , ek moet my aankoop en gebruik van plastiekprodukte heroorweeg . Ek kan nie die watervoorraad herstel nie , maar ek kan meer waterwys wees . Ek kan nie die oplossing bring vir wêreld-
54 AUG / SEP 2016 • SENWES Scenario