Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 54

•••
NUUS
’ N LUGFOTO VAN DIE SENWES HOOFKANTOOR­ GEBOU GEE DIE INDRUK VAN ’ N SONKRAGAANLEG . 2 392 SONKRAGPANELE MET ’ N 753.48KWP KAPA­ SITEIT IS AANGEBRING OP DIE DAKKE VAN AL DIE SENWES GEBOUE EN DIE MOTORAFDAKKE .

Senwes volg sonkragroete

Die projek , wat in

Januarie begin is , is deur Solareff voltooi op 6 Junie 2016 toe dit met die bestaande elektrisiteitstelsel geïntegreer is . Projekbestuurder , Johan le Roux , monitor die sonkrag PV en is baie opgewonde oor die resultate tot dusver - ’ n besparing van ongeveer 70 000 kWh , wat gelykstaande is aan R117 600 in geldterme , is

Omskep jou dak in ’ n finansiële bate

oor die periode van een maand bespaar .
Vir verdere inligting lees die artikel Senwes Hoofkantoor Gaan Groen wat in die April / Mei uitgawe van Senwes Scenario verskyn het deur die volgende skakel te gebruik : http :// bit . ly / SenwesGreen . In hierdie uitgawe help Solareff jou om so ’ n stelsel by jou besigheid te implementeer .
DIE KOSTE VAN elektrisiteit wat gegenereer word deur sonpanele het ’ n punt bereik waar dit gelykbreek , of goedkoper is as elektrisiteit verkry vanaf die munisipaliteit of Eskom . Wat kan dit vir jou besigheid beteken ?
FINANSIËLE VOORBEELD VIR ‘ N BESIGHEID IN KLERKSDORP : Gegrond op aannames hieronder , sal ’ n installasie van ’ n 100kWp netwerk gekoppelde son-elektrisiteitsoplossing , 50 % van die besigheid se elektrisiteitsverbruiksvereistes voorsien . Die oplossing sal , met ’ n kontant aankoop , in minder as 4 jaar afbetaal word ( deur fondse aan die elektrisiteitsvoorsiener betaal sou geword het !).
Kliënte wat ’ n finansieringsopsie verkies , sal positiewe kontantvloei geniet regdeur die hele befondsingsperiode . Meeste finansiële instellings sal ’ n sonelektrisiteitsoplossing oor ’ n 7 jaar tydperk finansier . Na die 7 jaar sal die besigheid ’ n standhoudende voordeel trek uit die elektrisiteit wat gegenereer word deur die oplossing vir die volgende 20 jaar – met geen grondstofkoste nie en lae instandhoudingskoste .
Aannames gebruik in die finansiële voorbeeld : Verskaffer / Munisipaliteit Tarief Maandelikse elektrisiteitsverbruik Besigheidsure van besigheid
City of Matlosana Commercial conventional 27 000kWh Hoofsaaklik in die dag Beskikbare dakspasie 750M 2 ( IBR ) Wintertarief Somertarief Wisselkoers rand / dollar R15,00 Wisselkoers rand / euro R17,00
Op die Senwes dak met 2 392 sonpanele - Joe Maswanganyi - Groep Uitvoerende Direkteur ; Johan Le Roux - Eiendomsbestuurder en Francois Strydom - Groep Hoof Uitvoerende Beampte .
R1,87 per kWh R1,79 per kWh
Kontak Solareff vir meer inligting oor hoe ’ n Solar PV stelsel aan die elektrisiteits vereistes van u besigheid kan voldoen . Ten einde ons in staat te stel om ’ n hoëvlak voorlegging te doen , stuur 12 maande se elektrisiteitsrekeninge en die fisiese adres van installasie aan info @ solareff . co . za Verwysing : Senwes Scenario
52 AUG / SEP 2016 • SENWES Scenario