Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 48

••• Hinterland se Derik Wolmarans HA N D E LSN U U S Die nuwe petrol in Brandstofafdeling se tenk D verkoopsbestuur­der op nasionale vlak aan die kommersiële kant, is al deur hom beklee. ONDERVINDING IN DIE BRANDSTOFBEDRYF Derik was al areabestuurder in die Sandton en Soweto omgewing waar die grootste Shell diensstasie in Suid-Afrika, volumegewys, naamlik die Ben Schoeman Ultra City, onder sy bestuur was. Ander posisies soos eiendomsbestuurder, sakeontwikkelingsbestuurder en nasionale operasionele uitnemendheidsbestuurder in die kleinhandel, asook operasionele GELEERD Hy het ’n BA-graad in Kom­ munikasie en Mediastudies, asook ’n Meestersgraad in Be­dryfs­leiding (MBL), waar hy gespesialiseer het in gevorderde bemarkingstudies. Hy is tans besig met sy nagraadse diploma in projekbestuur en oorweeg ook ’n doktorsgraad. Hy glo in Stephen Covey se sewe gewoontes van effektiewe mense, veral die een, “1st seek to understand.” Hy het hierdie filosofie die laaste dekade toegepas waar hy dinge wat saak maak eers baie goed wil verstaan. erik Wolmarans is die nuwe Hoof van die Brandstofafdeling by Hinterland en is in Junie vanjaar as deel van die Hinterland bestuurspan verwelkom. PERSOONLIK Derik is al amper 11 jaar met Anria getroud en hulle het twee seuns, FG (6) en CJ (6 maande). Hy beskryf homself as ’n liefhebber van adrenalien sportsoorte soos motorfiets- en bergfietsry, warrior wedrenne en dan is jag, kunsvlieghengel, bonsai en fotografie verdere passies. DIE REGTE MAN VIR DIE POSISIE Hy het breë ondervinding opgedoen by die takke, waar hy geleer het wat werk in die laer sowel as hoër LSM-areas. Derik sal sy liters van ervaring by Hinterland kom uitstort, tot die laaste druppel. Hinterland deel van jaarlikse skietdag – 27 Augustus by Bothaville DIE BOTHAVILLE Jagters­ver­ eniging bied weer in samewerking met Hinterland en Inteli­Gro hul jaarlikse skietdag aan. Die skietdag vind vanjaar op 27 Augustus plaas en sal by die Marouzlansrust skietbaan, sowat 17 km buite Bothaville gehou word. Op dié dag word op die 100 m, 200 m sowel 300 m baan geskiet. Die dag beloof om ’n uitdaging te wees met ‘n groot verskeidenheid teikensoorte waarna geskiet sal word. Elke skut sal ’n totaal van 15 rondtes vir die dag benodig. Afdelings waarin daar pryse te wen sal wees, is as volg: Seniors, Ope, Dames, Junior Randslag, 46 AUG/SEP 2016 Junior Windgeweer en Junior Jaggeweer. Daar het in die verlede al ’n totaal van 120 skuts deelgeneem en daar word gepoog om al die omliggende dorpe ook te betrek sodat daar ten minste 200 skuts op die dag kan meeding. Enige persoon met ’n jaggeweer kan inskryf. Die baan is ook so beplan dat dit die speelveld redelik gelyk sal maak tussen skuts van alle vlakke. Die inskrywingsfooi vir die dag sal R300 wees vir vroeë inskrywings, wat tot en met 20 Augustus aanvaar sal word. Daarna, tot op die skietdag op 27 Augustus, sal die koste R350 per skut be- • SENWES Scenario loop. Hierdie pryse sluit nie die braaipak­kie vir die dag in nie. Skuts moet wel bewus wees van die feit dat indien hulle nie bly vir die prys­uitdeling nie, hulle hul pryse sal verbeur. Daar is ook weggesteekte pryse en gelukstrekkings, wat beteken dat enige persoon ’n prys op die dag kan wen. ’n Snoepie sal braaipakke te koop aanbied. Vir meer inligting kan ’n e-pos aan [email protected] gestuur word of anders kan u Christo Roux (Voorsitter) by 082 926 4366 of CP Scheepers (Sekretaris) by 079 717 3830 skakel.