Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 46

••• D RUPP E LS OP DI E DA K Almal in afwagting op die uitkoms van die nuwe seisoen Die seisoenale reënval vanaf 1 Julie 2015 tot 31 Mei 2016 as % van die langtermyn reënval vir dieselfde periode. THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK REËNVAL HIERDIE SEISOEN Dit is reeds ou nuus dat die afgelope seisoen, wat as ’n El Niño-tipe seisoen geklassifiseer is, daartoe aanleiding gegee het dat ver onder gemiddelde reënval oor veral die westelike gedeelte van die tradisionele Senwes-gebied geval het. Dit het katastrofiese gevolge vir graanopbrengste, die vlakke van opgaardamme en die diepte van die watertafel ten opsigte van boorgate tot gevolg gehad. Die kaart langsaan dui die kumulatiewe reënval vanaf 1 Julie 2015 tot 31 Mei 2016 aan. Die gebied wat die ergste getref is, is die gebied wat die Bultfontein, Wesselsbron, Hoopstad en Bothaville-distrikte insluit. Die noord-oostelike gedeelte van die gebied het, alhoewel minder as die langtermynreënval ontvang is, nog betreklik goed kon plant en kon die gewasse redelik normaal ontwikkel. Die gedeelte van die gebied wat die ergste onder die droogte deurgeloop het, het sowat 60% tot 70% van die langtermynreënval ontvang. Wat egter nie uit die oog verloor moet word nie, is die feit dat die grootste skade aan die someroes gedurende Januarie en 44 AUG/SEP 2016 Die reënval vir die periode 1 Julie 2015 tot 29 Februarie 2016 as % van die langtermyn gemiddeld. Februarie 2016 aangerig is. Die volgende kaart dui aan wat die reënvalsituasie teen die einde van Februarie 2016 was. Die grootste deel van die graan- en oliesade­ oes is baie laat aangeplant en het gedurende Februarie geblom. Die gedeelte van die tradisionele Senwes-gebied wat die slegste daaraan toe was, het slegs 24% tot 36% van die langtermynreënval vir die • SENWES Scenario betrokke periode gehad. Ons moet ons dus nie net blindstaar teen hoe­veel dit die seisoen gereën het nie, maar ook in ag neem wanneer dit gereën het. Het dit genoeg gereën toe die gesaaides dit die nodigste gehad het? Verder was die Januarie 2016 tot Mei 2016 perio­ de die warmste sedert begin is om temperature in 1880 te meet. Dit het verder sy tol geëis.