Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 40

•••
RUBRIEK SAFEX SCENARIO ’ S MET SUSARI > VERVOLG VAN BLADSY 36
verhandelingsperiode word voorgestel deur die onderkant van die vertikale lyn , waar die hoog vir die verhandelingsperiode deur die bokant van die vertikale lyn voorgestel word . Indien die sluitingsprys laer is as die openingsprys , dus ‘ n afwaartse beweging , word die vertikale lyn gewoonlik in rooi voorgestel . Indien sluitingspryse hoër is as die openingspryse , dus ‘ n opwaartse beweging , word die vertikale lyn gewoonlik in groen voorgestel . Figuur 2 is ‘ n grafiese voorstelling van die interpretasie van ‘ n individuele staafgrafiek , waar Figuur 3 ‘ n visuele voorstelling van ‘ n staafgrafiek oor ‘ n periode is .
’ n Staafgrafiek se grooste voordeel bo ‘ n lyngrafiek behels die inligting wat die grafiek toon . Soos reeds genoem , maak die staafgrafiek nie net gebruik van die sluitingspryse nie , maar ook van die hoog , laag en openingsprys vir die verhandelingsperiode . Hierdie inligting word hoofsaaklik gebruik om in- en uittreevlakke te bepaal en is dus baie handig vir korttermynmarkdeelnemers . Verder kan die staafgrafiek gebruik word om moontlike verandering in die prystendens aan te dui deur byvoorbeeld van prysgapings gebruik te maak . Ten spyte van die voordele van die staafgrafiek , is die kandelaargrafiek ‘ n gewilder prysgrafiek vir analitiese doeleindes .
Figuur 3 : Staafgrafiek .
BRON : SAAMGESTEL IN THOMSON REUTERS ( 2016 ) DATABASIS .
Figuur 4 : Kandelaargrafiek . BRON : SAAMGESTEL DEUR OUTEUR .
Figuur 5 : Kandelaargrafiek Interpretasie .
BRON : SAAMGESTEL IN THOMSON REUTERS ( 2016 ) DATABASIS .
3 . Kandelaargrafiek Die kandelaargrafiek ( grafies voorgestel deur Figuur 4 ) is soortgelyk aan die staafgrafiek , maar word die kandelaargrafiek beskou as die mees gebruikte grafiek weens die feit dat die data met meer gemak geanaliseer kan word . Die kandelaargrafiek word op dieselfde basis as die staafgrafiek saamgestel , met die verskil dat die spasie tussen die openings- en sluitingsprys deur ‘ n kolom voorgestel word . Die kolom se kleur verander na gelang van ‘ n opwaartse of afwaartse beweging oor die periode . Onder andere word ‘ n opwaartse beweging ( die sluitingsprys is hoër as die openingsprys ) gewoonlik voorgestel deur ‘ n groen kolom , waar ‘ n afwaartse beweging ( die sluitingsprys is laer as die openingsprys ) normaalweg deur ‘ n rooi kolom voorgestel word . Hierdie verduideliking van ‘ n kandelaargrafiek word grafies geïllustreer in Figuur 5 . Die gebruik van die kandelaargrafiek word verder ondersteun deur die groot verskeidenheid kandelaarpatrone wat gebruik kan word om moontlike tendensveranderings aan te dui . Daar word wel voorgestel dat die patrone in samewerking met ander tegniese formasies en indikatore gebruik word om ‘ n ingeligte beleggings- of verskansingsbesluit te neem . Die verskillende kandelaarpatrone word in die volgende artikel bespreek .
SLOT Deur slegs ’ n redelike begrip te hê van die bostaande inligting , is u reeds ’ n stappie voor die res . Dit is wel uiters voordelig om tegniese analise met fundamentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan neem , aangesien ’ n breek deur ’ n langer termyn ondersteuningslyn gewoonlik gekoppel kan word aan fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander . Tegniese prysgrafieke bied analiste die geleentheid om die verhouding tussen vraag en aanbod visueel voor te stel en kan moontlike veranderings in die verhouding deur verskeie prysformasies aangedui word . Die komende artikel sal fokus op die identifisering en ontleding van verskillende prysformasies .
Vir meer inligting of om kompeterende opsiepryse op ’ n groot verskeidenheid kommoditeite te bekom , skakel gerus vir Susari Geldenhuys by 018 464 7430 of 072 116 9999 of e-pos haar by Susari . Geldenhuys @ senwes . co . za .
38 AUG / SEP 2016 • SENWES Scenario