Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 29

••• N UUS Senwes Equipment tegnici tel onder John Deere se top 10 bestes S enwes Equipment het drie van die top 10 finaliste in die 2016 John Deere Tegnikus van die Jaar-kompetisie. Hulle is Casper Botha, Eddie Hamilton en Roelf Jones, onderskeidelik van Hertzog­ ville, Kroon­stad en Parys. Casper, wat by Senwes Equipment in Hertzogville werksaam is, is baie trots: “Ek het dit glad nie verwag nie. Dit bied ’n nuwe uitda­ging vir my.” Die 25-jarige Casper is vir die laaste 6 jaar by Senwes Equipment werksaam. Die tweede Senwes Equipment finalis is Eddie Hamilton. Eddie meen ook dat dit “’n groot uitdaging en voorreg is” om deel van die top 10 tegnici te wees. Hy het al 8 jaar ondervinding in die bedryf en is al vier jaar by Senwes Equipment se Kroonstad tak. Die 26-jarige is opgewonde om sy tak by die finaal te verteenwoordig. Vir Casper en Eddie is dit die tweede keer dat hulle die top 50 gehaal het en nou saam in die finaal is. Die nuweling is Roelf Jones by Senwes Equipment se Parys tak. Roelf het sowat 11 maande gelede by Senwes Equipment aangesluit. Hy het vir die eerste keer ingeskryf en sommer dadelik die top 10 bereik. Die 31-jarige is baie beskeie, maar het al 12 jaar ondervinding by John Deere opge- Casper Botha, Eddie Hamilton en Roelf Jones het deurgedring na die top 10 in die 2016 John Deere Tegnici van die Jaarkompetisie. doen, waarvan twee jaar in Kanada was. Die drie tegnici het in April vanjaar aan die Top 50 kompetisie deelgeneem en daarna deurgedring na die finale been, wat later vanjaar by die John Deere hoofkantoor in Boksburg plaasvind. 27 Sonneblompakkette vir die alles-in-een saadverskaffer ekonomiese en volhoubare produksie DFK 68-22 NK ADAGIO CL SY 4045 SY 4200 MG 305 CP MG 360 CP* AGUARA 6* Clearfield ® is 'n geregistreerde handelsmerk van Syngenta (Edms) Bpk. *Kultivar is tans onder proef en is of sal dan oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasie. Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika Tel: 044 203 9800 ● Tel: 018 293 1233 Tel: 010 140 0839 ● Tel: 012 252 6849 www.saadbemarking.co.za Verdien gratis AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660 Besoek ons gerus: