Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 26

••• NUUS SAB het 11 vragte (550 bale) veevoer gratis na Bultfonteinse produsente vervoer. SENWES, SAB, ZZ2 EN GRAINOVATION STAAN SAAM Senwes vorm vennootskappe en steun Bultfontein produsente AUBREY KRUGER T ydens die afgelope paar maande het groot maat­ skappye vennootskappe met Senwes gevorm om produsente in die ge­bied te hulp te snel. ZZ2 ZZ2 het die vervoer van veevoer gratis na die droogtegeteisterde areas verskaf. Dit het 11 vragte van 572 bale behels wat vanaf die Odendaalsrus/Kroonstad omgewing na Bultfontein vervoer is. Vervoer­bestuurder by ZZ2, Japie Burger, vertel dat hulle by die projek aangesluit het nadat Senwes hulle genader het om by Agri SA se Droogterampfonds betrokke te raak. Burger sê dat hulle uitgangspunt is dat dit op die oom­ blik goed met hulle gaan en dit basies hulle voorreg is om mense in nood by te staan. “Die vervoer van die bale is maar net ons klein bydrae vir die boere in hier­die droogtegeteisterde gebied.” 24 SAB SAB het ook die vervoer van 11 vragte veevoer gratis na Bultfontein behartig, waar meer as 550 bale produsente in die gebied bereik het. Distribusiekontroleer­ der by SAB, Henk Koekemoer, het gesê dat hulle so wil help om ’n positiewe bydrae tot die plaaslike gemeenskappe en die omgewing te maak. Hy het bygevoeg: “Hier­die projek, in samewerking met Senwes en die boere van die omgewing, het ons by SAB die geleentheid gegee om terug te gee aan die gemeenskap in hierdie moeilike tye.” Hierdie ooreenkoms het produ­ sente in staat gestel om voer elders aan te koop, terwyl ZZ2 en SAB die vervoer verskaf het. Herman Meiring, Voorsitter van Bultfontein Distrikslandbou, vertel dat hier­die vennootskap­pe al tydens die NAMPO Oesdag deur Senwes, SAB en ZZ2 gesluit is. Meiring het bygevoeg: “Hierdie skenkings beteken baie vir ons. Ons sal dit nooit in geldwaarde kan omsit nie. Ons sien raak wat hulle vir ons doen. Om dankie te sê is net ’n klein woordjie, maar ons wil uit ons harte dankie sê vir die hulp sowel as die gesindheid waarmee dit verleen is.” ZZ2, in vennootskap met Senwes, het die vervoer van 11 vragte veevoer gratis na Bultfontein verskaf met 572 bale wat produsente in die gebied bereik het. GRAINOVATION Senwes bedank ook graag vir Grainovation wat van die begin van die Agri SA Droogterampfonds betrokke is. Grainovation het sedertdien al talle vragte vee­voer en droogtepille in die Bultfontein en Hoopstad distrik afgelewer. Hulle het sodoende ook ’n groot bydrae gelewer in terme van die logistieke reëlings. SENWES Francois Strydom, Groep Uitvoe­ rende Hoof van Senwes, spreek sy dank uit teenoor SAB, ZZ2 en Grainovation: “Dit is verblydend om te sien hoe Suid-Afrikaners in hierdie moeilike tyd hande vat om mede-landsburgers, wat baie erg geraak is deur die grootste droogte in ‘n honderd jaar, te help.” Senwes het in 2015 die Agri SA Droogterampfonds op die been gebring en het daarna ook R1 miljoen tot die fonds bygedra. Hulle was in die afgelope tyd op nog vele wyses betrokke. Die vennootskap met SAB, ZZ2 en Grainovation bewys dat Senwes alles in hul vermoë doen om voortdurend tot die verligting van nood by te dra. Meiring het laastens aangevoer dat produsente nog voer na die gebied wil bring en doen ’n beroep op instansies om by Senwes, SAB, ZZ2 en Grainovation aan te sluit.