Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 24

HA N D E LSN U U S WEN GROOT met Senwes Equipment en John Deere ☞ Wen ’n John Deere Gator 855D ter waarde van R230 000 ☞ Wen ’n reis vir twee na Mauritius ter waarde van R80 000 DAAR IS NOG TWEE INTERESSANTE PRYSE OP DIE SPEL IN DIE WEN GROOT MET SENWES EQUIPMENT EN JOHN DEERE KOMPETISIE. WEN ’N JOHN DEERE GATOR 855D TER WAARDE VAN R230 000 In die tweede been van die kom­petisie kan ’n John Deere Gator 855D ter waarde van R230 000 ingepalm word! Hierdie ruwe en betroubare werkesel het ’n bewese rekord as die ideale handlanger op die plaas wat sal omsien na vervoerbehoeftes en klein vragte op die plaas en in landelike gebiede. SMS Senwes Equipment, John Deere Gator sowel as jou naam, telefoonnommer en e-pos adres na 31 022 voor of op 31 Oktober 2016 vir ’n kans om die John Deere Gator ter waarde van R230 000 te wen. WEN ’N REIS VIR TWEE NA MAURITIUS TER WAARDE VAN R80 000 In die derde been van die kom­petisie kan een gelukkige wenner ’n reis vir twee ter waarde van R80 000 na Mauritius wen. Al wat jy moet doen is om te antwoord op die volgende vraag: Wie is die voorloper John Deere agent in Suid-Afrika? E-pos die antwoord, asook jou kontaknommer na equipment@ senwes.co.za. 22 Die algemene kompetisie­besonderhede, -reëls en inskrywingsbesonderhede is beskikbaar by http://senwes. co/Equipment_Gator en http://senwes.co/Equipment_ Mauritius. Geen werknemers van Senwes of John Deere mag deelneem nie. SELFIEKOMPETISIE ••• Amanda Haasbroek en haar seuntjie Marnus in die wenfoto. Volgens haar het haar man, Nardus, die liefde vir John Deere by haar gekweek. Amanda Haasbroek wen R10 000 klerebewys DIE WENNER VAN die Senwes Equipment en John Deere Selfiekompetisie, die eerste been van die WEN GROOT met Senwes Equipment en John Deere-kompetisie, is Amanda Haasbroek. Amanda vertel dat sy eers op die heel laaste dag hul selfie ingestuur het nadat haar swaer, Leonard, en skoonma, Nicolene, haar van die kompetisie vertel het. Sy het blitsig die 25 km tussen haar skoonouers se plaas, Lacuna, en hulle plaas, Rendezvous, in die Allanridge omgewing afgelê om hul John Deere klere en speelgoed te kry en het haarself en haar seuntjie Marnus by sy gunsteling, ’n John Deere spuit, gekiek. Die R10 000 wenprys het net op die regte tyd gekom nadat hulle gehoor het dat hulle hul tweede kind verwag. “Ek is in die hemel. Regtig baie dankbaar.” Vir die paneel het dit uitgestaan hoe die selfie met jou praat. Uitvoerende Bestuurder van Senwes Equipment, Ferdie Pieterse, het gesê: “Alles in die selfie skree John Deere. Daar is ’n dieper betekenis in die familieselfie - die vrou en kind, die versorger van die nasie.” Pieterse en John Deere Areabestuurder, Philip du Plessis het die wenprys aan haar oorhandig. Die nuut gevestigde handelsmerk, Senwes Equipment, het ook op sosiale media wye blootstelling geniet. Meer as 30 000 mense het gedurende die tydsduur van die kompetisie met die handelsmerk in aanraking gekom. Luc ky Win ner