Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 22

••• HA N D E LSN U U S PRESISIEBOERDERY – ’n nuwe benadering DIE VERANDERENDE LANDBOU-OMGEWING BETRAP BAIE BOERE ONKANT IN DIE SIN DAT HULLE AGTER RAAK MET DIE VOORTDURENDE TEGNOLOGIESE UITBREIDINGS . LUAN VAN DER WALT, HENFRED LINDE en *VOSSIE VAN STRAATEN Universiteit van die Vrystaat, Departement Landbouekonomie D ie veranderinge wat plaas­ vind strek in die landbou-omgewing vanaf plaasvlak tot en met die verbruikersvoorkeure van die eindverbruiker van die geproduseerde produkte. Die ver­ anderende omgewing maak dit dus krities belangrik vir boere om aan te pas en sodoende nie agter te raak in terme van produksie en bestuursaspekte nie. Indien die boer nie byhou met die aanhoudende veranderings nie, sal hy nie daarin slaag om kompeterend te wees nie. Wat hiermee bedoel word, is dat sy mededinger insette meer doeltreffend en akkuraat sal ge­ 20 AUG/SEP 2016 bruik en die effektiwiteit van sy daaglikse aktiwiteite sal verhoog. Dit sal oor die lang termyn meer lonend wees vir die tegnologies gevorderde boer. Een aspek wat oorweeg kan word om die verandering in die markte te troef en om by te hou, is presisieboerdery. Presisieboer­dery hou sterk verband met die tegnologiese vooruitgang in die landbousektor. Dit stel die boer in staat om te observeer, te meet en te reageer ten opsigte van inter- en intra-veld veranderlikes in gewasse. Hierdie tegnologiese vooruitgang lei na beter en meer akkurate besluitneming en uitkomsvoorspellings. Berekeninge kan meer akkuraat gedoen word, wat lei tot beter finansiële bestuur van die boerdery. Presisieboerdery sluit verskeie aspekte in, wat strek vanaf die in­ setkant tot die uitsetkant en finansiële bestuur. HOEKOM PRESISIEBOERDERY? Figuur 1 toon die produsenteprys teenoor die koste van produksie in terme van indekswaardes. Dit is duidelik uit figuur 1 dat die pryskosteknyptangeffek aansienlik vergroot het oor die afgelope paar jaar in die landboubedryf en meer spesifiek op plaasvlak. Die prys- • SENWES Scenario kosteknyptang wat ontstaan, plaas die winsgewendheid van boerderye onder die vergrootglas. Die gebruik van presisieboer­ derytegnologie speel ’n groot rol in die insetkoste van die boerdery. Verskeie presisietoestelle lei tot meer akkurate en volhoubare toedienning van insette. Die meer akkurate toedienning van insette verminder die oor- of ondertoedie­ ning en kan oor die lang termyn ’n positiewe effek hê op die winsgewendheid van die boerdery. FAKTORE OM IN AG TE NEEM Alhoewel daar baie voordele verbonde is aan die implementering van presisieboerderytegnologie, is daar verskeie faktore wat in ag geneem moet word wanneer die besluite geneem word. Die implementering van presisieboer­derytegnologie in die boerdery is ’n groot kapitale uitleg indien die boerdery nie alreeds stelselmatig begin investeer het in presisietegnologie nie. Dit is dus van kardinale belang om ’n paar kritiese elemente in ag te neem wanneer besluite geneem word rakende presisieboerdery: • Kapitaal – Die investering in presisietegnologie benodig groot kapitale uitleg. Dit maak dit dus belangrik om die langtermynvoordele daaraan