Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 18

••• HANDELSNUUS

PRESISIEBOERDERY

– die basiese beginsels

EEN VAN DIE VERNAAM STE GLOBALE VRAAGSTUKKE VAN ONS ERA IS VOEDSELSEKURITEIT . EEN VAN DIE OPLOSSINGS IS OM
PRODUKTIWITEIT OP BESTAANDE HULPBRONNE TE VERHOOG .
Figuur 1 . Grondvormkaart .
Figuur 2 . Effektiewe diepte-kaart .
PETRUS VAN STADEN

Presisieboerdery begin by die “ detail ” karakterisering van die natuurlike hulpbronne sodat die variasie in die grond en / of gewasomgewing met een of ander metode gekwantifiseer word . Die data word gebruik om ’ n aanbeve ling te maak oor hoeveel van watter produk waar en wanneer toegedien behoort te word , ten einde optimale gewasproduksie , verhoogde produktiwiteit en winsgewendheid te verseker . Die aksies word dan met behulp van gesofistikeerde tegnologie uitgevoer .

Globale posisioneringstelsels word gebruik om geografiese data in te samel , sowel as geografiese aanbevelingskaarte toe te pas . Hierdie tegnologie word in trekkers , stropers , hoogloopspuite en alle applikasietegnologie gebruik .
VOORDELE VAN PRESISIEBOERDERY : Verhoog effektiewe en doel treffende gebruik van produksie-insette
• Marge bo bemestingskoste verhoog met meer as 20 %.
• Besparing op kalk beloop 20 % tot 50 %.
• Oorbespuiting van onkruid- en plaagdoders word gehalveer .
Optimale benutting van opbrengspotensiaal , verhoogde winsgewendheid en omgewingsvriendelike boerdery
• Verbeterde graankwaliteit .
• Verhoogde opbrengste per mm beskikbare vog van 20 % tot 50 %.
• Verhoogde netto inkomste per mm beskikbare vog van meer as 50 %.
Figuur 3 . Beraamde mielieopbrengspotensiaal vir jaar-op-jaarstelsel .
VOORSEISOENBEPLANNING Stap 1 : Opstel van ’ n grondkaart Hierdie is ’ n eenmalige stap vir pro dusente wat nie oor ’ n grond kaart beskik nie . Produsente bepaal die skaal ( bv . 1 , 2 of 4 ha ) ruitopname vir grondkartering . Die data verkry uit die veldwerk word geprosesseer vir die
16 AUG / SEP 2016 • SENWES Scenario