Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 14

••• KO L LI G Geen keer aan De Beer Onmoontlik is vir dié produsent net ’n illusie VIR NICO DE BEER IS NIKS ONMOONTLIK NIE. EN G’N WONDER NIE. DIE MAN IS GEBORE IN 1964, DIESELFDE JAAR AS DIE ROLLING STONES SE EERSTE AMERI­ KAANSE TOER EN OOK DIE JAAR WAT DIE EERSTE FORD MUSTANG DIE LIG GESIEN HET. SO IS NICO OOK ENIG IN SY SOORT EN VANDAG IS DIE 52-JARIGE ‘N STAATMAKERPRODUSENT IN DIE POTCHEFSTROOM OMGEWING. AUBREY KRUGER VIERDE GENERASIE PRODUSENT Nico is ’n trotse vierde generasie produsent. Sy oupa­ grootjie, Hans, het reeds na die Anglo-Boereoorlog in 1902 op die plaas Witrandsfontein begin boer. So deur die jare volg sy oupa Martiens, pa Hansie en later het hyself bygekom. Sy seuns Dirkie en Jaco, die vyfde gene­ rasie produsente in die familie, is ook reg vir die ding. Ek praat net so rukkie met Dirkie voor hy moes spaander om te gaan stroop voordat Senwes se plaaslaai­ trokke daar aankom. Dirkie, wat ook’n trotse Gimmie is, het direk nadat hy in 2012 gematrikuleer het, dadelik saam met sy pa begin boer. Sy jonger broer, Jaco, doen tans ondervinding op by ’n produsent in Dumas, Texas in die VSA. Nico se ondersteuningsbasis is sy vrou Marinda. Sy is ’n huisvrou en doen die plaas se boeke en die twee werk 12 AUG/SEP 2016 • SENWES Scenario Nico de Beer, ’n vierde generasie produsent.