Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 11

AREAFOKUS •••
Die Potchefstroom silo bestaan uit 13 buise . Die ou silo is reeds in 1972 gebou en die nuwe deel in 1986 .
Potchefstroom silo glo in uitmuntende diens ! Hier is Peter King ( Silobe stuurder ), Johannes Koloane ( Aflos hulpsilobestuurder ), Chris Kgopelelo , Johannes Morakanele en Edwin Monchusi ( Algemene Werkers ) asook Lebohang Tsiu ( Junior Assistent ). nale wedstryde asook ’ n kriekettoets al daar gespeel is , huis ves Senwes Park ook Aardklop , Stadium Golf , Stadium Bowls , Carols by Candlelight en vele meer . In September vanjaar sal die Potch Vegas Studentefees asook Dinner at the Pitch daar aangebied word .
Die stad staan ook nie verniet as die sportmekka bekend nie , met die Fanie du Toit sportterrein , atlete van wêreldgehalte wat daar oefen asook Olënpark , die tuiste van Luiperds Rugby . Om alles te kroon is die Pukke ook tans die Varsity rugbykampioene .
HINTERLAND SENWES VILLAGE Die takbestuurder by Hinterland Potchefstroom , Hennie Groenewald , is al die afgelope 41 jaar werksaam by die maatskappy . Vir die grootste deel van die afgelope vier dekades was hy takbestuurder by talle takke voordat hy die afgelope twee jaar as takbestuurder by Potchefstroom aangesluit het .
Hennie is in beheer van 60 personeellede by Potchefstroom . Hy vertel trots : “ My personeel is ou hande in hierdie bedryf en verskaf persoonlike diens .”
Die ou gebou is op 14 Augustus 2002 verkoop en vir die afgelope 14 jaar is die tak op die huidige perseel in die stad .
Wat die vulstasie op die hoek by Potchefstroom uniek maak , is dat daar 24 uur per dag diens is - een van slegs drie takke wat dié diens verskaf , met Bloemfontein en Wesselsbron die ander twee .
Die gebied is Senweswêreld met omliggende takke by Ventersdorp , Klerksdorp , Parys , Oberholzer asook Viljoenskroon .
POTCH SILO Peter King is die silobestuurder by Potchefstroom silo . Die 39-jarige met 14 diensjare by Senwes beklee vanaf 2007 die pos van silo bestuur der . Hy was eers by Werda en daarna by Schoonspruit silo en van af 18 Januarie vanjaar is Peter die silobestuurder by Potchefstroom . Peter vertel trots dat hy een van vyf silobestuurders van kleur by Senwes is , met Samuel Mofokeng ( Gottenburg ), Fanie Xalabile ( Willemsrus ), Stoffel Ralengoele ( Tierfontein ) en Pule Mothibedi ( Regina ) die ander vier .
UNIEKHEDE VAN POTCHEFSTROOM SILO 208 Daar is 13 buise by die silo . Die ou silo is in 1972 gebou – 4 groot silobuise van tussen 4 200 ton en 4 800 ton elk , asook 4 klein silobuise van 1 100 ton elk .
Die nuwe silo ’ s is in 1986 gebou – 5 silobuise van tussen 7 500 ton en 8 500 ton elk .
AGRI POTCHEFSTROOM Voorsitter van Agri Potchefstroom , Jannie Keet , vertel dat hulle sowat 70 lede het tot teenaan Parys .
Produsente in die gebied boer hoofsaaklik met mielies , sonneblom , sojabone , asook koring en sorghum .
’ n Boeresportdag word sedert 2015 deur hulle aangebied en vind vanjaar op 10 September plaas , waar tradisionele boeresport soos toutrek en vele ander sportsoorte beoefen sal word .
Uit die geleentheid word fondse gegenereer waarmee hulle ook die Potchefstroom Dienssentrum vir
> VERVOLG OP BLADSY 10
TAKGESKIEDENIS Die tak het al jare gelede wortel geskiet waar dit tans staan en was vir jare eers oorkant die pad geleë .
Voorsitter van Agri Potchefstroom , Jannie Keet .
Die takbestuurder in Potchefstroom , Hennie Groenewald .
SENWES Scenario • AUG / SEP 2016
9