Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 59

KO S V IR D IE SIE L ••• DS. WILLIE BOTHA ONS LEWE DEUR DIE GEES LEES: Galasiërs 5:22-26 IEMAND WIE SE LEWE DEUR DIE GEES BEHEER WORD, LYK ANDERS. DIE HEILIGE GEES HELP ONS NIE NET OM TE GLO NIE, MAAR DIT VERANDER ONS HELE WESE. DIE LEWE IN CHRISTUS KAN NOOIT AGTERBLY BY DIE MENS SONDER CHRISTUS NIE, DIE MENS WAT AAN DIE PRAKTYKE VAN DIE SONDIGE MENS TOEGEE NIE. swaar tasse van die trein gehelp tot by die bus wat op die punt gestaan het om te vertrek. Nederig het hy opgemerk dat hy bekommerd was dat die bus sonder haar sou vertrek. Vir die sendingdokter wat sy hele lewe lank gewoond was om die arm mense van Afrika te help, was dit geen moeite nie. Daardie dag het ‘n geharde joernalis opgemerk: “Dit is die eerste keer dat ek ’n preek op twee bene sien...” Soos wat ’n boom aan sy vrugte geken word, word ’n Christen aan die vrug van die Gees geken. Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing is nie sake wat vanself kom nie. Ons natuurlike drange neig juis baie keer daarvan weg. Dit is ’n deernis en sensitiwiteit, ’n geestelike aantreklikheid wat God self in ons bewerk. Galasiërs 5:25 som dit mooi op: “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag