Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 51

R UB R IE K ••• Frans Dreyer, Bestuurder van Senwes Graanmakelaars en skrywer van die rubriek. skootnommer of lading soos aangedui deur die lyne wat in groen ingekleur is. Die eerste geval is (-52 / 22 / -24) met die positiewe waarde 22 wat ooreenstem met skoot 3 of 40.4 gr. Die tweede geval is (-24 / 22 / -25) met die positiewe waarde 22 wat ooreenstem met skoot 5 of 40.8 gr. Die derde geval is (-16 / 4 / -20) met die positiewe waarde 4 wat ooreenstem met skoot 8 of 41.4 gr. Interessant genoeg kan elk van die ladings wat geïdentifiseer is met die Absolute Minima metode ook gekoppel word aan ’n skoot in die visuele ladder bondels soos weerspieël in Figuur 1. Vanuit hierdie bevestiging het ek dus besluit om skote 3, 5 en 8 as groeperingstoetse te laai. Vier rondtes van skoot 3 (40.4 gr), skoot 5 (40.8 gr) en skoot 8 (41.4 gr) is dienooreenkomstig gelaai en weer op 200 m geskiet. Die resultaat van hierdie groeperingstoetse word onderskeidelik vervat in Figuur 2, Figuur 3 en Figuur 4 en die spoed­resultate van die skote in Tabel 2. Op die ou end het ek besluit op ’n lading van 40.8 gr aangesien die horisontale en vertikale versprei­ding tussen die skote heelwat kleiner was as die ander twee en omdat die standaard afwyking (Stdev) van die spoed tussen die rondtes van dieselfde lading die kleinste was. Ter bevestiging het ek later weer 40.7 gr, 40.8 gr en 40.9 gr groepe gaan toets net om te bevestig dat 40.8 gr wel die beter lading vir hierdie kombinasie in my geweer is. HOE GEBRUIK EK DIE LADDER EN ABSOLUTE MINIMA METODE SAAM? Die belangrikste beginsel kan maklik in die woorde “doen die een en moet die ander nie nalaat nie” saamgevat word. Dit is uiters belangrik dat ’n skut tydens ladingsontwikkeling oor ’n chronograaf skiet om die visuele ladder en Absolute Minima berekening apart en gesamentlik te interpre­ teer. Die node of stabiele punt wat bepaal word deur die Absolute Minima metode dui op ’n lading waar die variasie in spoed van die betrokke lading na alle waarskyn­ likheid stabiel sal wees of gemi­ ni­­maliseer sal word. Die beste resultate word gewoonlik verkry