Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 33
Opening van die
Majwemasweu Rekenaar
sentrum! Hier is Elmarie
Joynt (Thobo Trust raadslid),
Dolly Dlavane (Voorsitter van
die Thobo Trust raad van
trustees), Christo Booyens
(Besturende Direkteur
van Tradevantage), asook
Kholofelo Thobejane (Thobo
Trust raadslid).
HA N D E L SN UUS
•••
Voorsitter van
die Thobo Trust
raad van trustees,
Dolly Dlavane
help een van die
kinders wat baat
gaan vind by die
Majwemasweu
Rekenaarsentrum.
Rekenaarsentrum in Brandfort ’n
realiteit danksy gesamentlike pogings
D
anksy die gesamentlike pogings van Thobo Trust, Senwes, Tradevantage en Ivolve
is die Majwemasweu Rekenaarsentrum in Brandfort op ’n stylvolle wyse geopen op Woensdag, 8
Junie 2016.
Die amptelike opening van die sentrum is deur
Thobo Trust raadslede, Elmarie Joynt en Kholofelo Thobejane gedoen, terwyl die lintknipseremonie deur Dolly Dlavane, voorsitter van die Thobo
Trust raad van trustees en die LUK van Onderwys
in die Vrystaat, die agbare Tate Makgoe, waargeneem is.
Makgoe was baie gemotiveerd gedurende die
opening en het gesê dat die sentrum sal verseker
dat “toekomstige generasies nie sal swaarkry soos
wat hy swaargekry het nie”.
Thobo Trust raadslid, Joe Maswanganyi, het
in sy rede gesê dat ’n opening soos die een in
Brandfort altyd ’n hoogtepunt is. Hy het bygevoeg
dat “geen enkele maatskappy ’n probleem in die
gemeenskap op sy eie kan oplos nie” en verwys
na die gesamentlike pogings van al die betrokke
maatskappye. Christo Booyens, Besturende Direkteur van Tradevantage, het ook die geleentheid
bygewoon. Maswanganyi het afgesluit met “die
sentrum is slegs die begin van die ontwikkeling
van ons kinders”, en het voortgesette betrokkenheid by die opvoeding van hierdie leerders belowe.
Die sentrum is by Matshediso Primêre Skool
geleë, wat beteken dat ander skole in die omgewing, soos WSM Malotle, Akademia en Monamodi, almal sal voordeel trek uit die Majwema
sweu Rekenaarsentrum. Sowat 50 leerders van elk
van die vier skole, sowel as die hoofde en onderwysers, het die openingsfunksie bygewoon.
Die kinders was oorweldig en het die gaste met
’n trompoppie-parade verwelkom. Hulle het later
SENWES Scenario • AUG/SEP 2016
31
ook hul vreugde gedemonstreer met danse en die voorlesing van gedigte. Van die inspirerende gediggies het die
volgende boodskappe oorgedra: “Sonder rekenaars sal ons
almal hopeloos wees”. Nog ’n leerder het gesê “Ek sal dit as
’n wapen gebruik”, terwyl nog een gesê het “My rekenaar
is die sleutel tot my toekoms”.
Majwemasweu Rekenaarsentrum sal goed benut word
en sal die fondasie vir ’n beter toekoms vir leerling lê.
WEES GEREED
WANNEER
DIE REËN VAL!
Dis nou die tyd om u planter monitering,
kunsmis en kalk toedieners asook spuit
toerusting te hersien vir die komende seisoen.
Ronin System Solutions verskaf parte, fasiliteer
waarborge en installasies. Indien U n nuwe sisteem wil
bekom, kontak Ronin vandag vir die beste pryse!
+27 (0) 11 608 3666