Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 15
KO L L IG
•••
Nico de Beer en een van sy
seuns, Dirkie.
Senwes doen
plaaslaaie op
dié plaas.
baie goed saam. Hulle het vanjaar
reeds hul 24ste huweliksherdenking gevier. “Sy is die steunpilaar
van ons boerdery,” sê Nico.
BOERDERY
Nico beskryf hulle boerdery as ’n
gemengde boerdery. Hulle boer op
Witrandsfontein, tussen Potchefstroom en Ventersdorp, wat sowat
1 040 hektaar groot is, met nog
sowat 700 hektaar wat hulle huur
en op sowat 550 hektaar saai.
Van saai gepraat. Hulle plant
onder normale omstandighede
90% mielies en 10% sonneblom.
Maar gedurende die afgelope
droogteseisoen het hulle net 70%
mielies geplant en derhalwe 30%
sonneblom.
Die res van die grond word vir
weiding gebruik aangesien hulle
met kommersiële Bonsmaras,
asook skape boer. Hier is teelmateriaal en goeie genetika vir hulle
baie belangrik.
SY VORMINGSJARE
Ons wyk so bietjie af van die boer
dery. Hy vertel dat hy nog altyd
in die streek woon. Die Ventersdorp-gebore Nico het Laerskool
Mooirivier bygewoon en in 1982
by HTS Potchefstroom gematrikuleer. Na sy diensplig in Heidelberg
en Oshakati het hy teruggekeer na
Potchefstroom om sy landboudiploma in 1986 by Potchefstroom
Landboukollege te verwerf.
BOERDERY BEGIN
Hy het in 1987 saam met sy pa,
Hansie, begin boer en in 1988
het hy Witrandsfontein 2 gekoop.
Nico is baie entoesiasties soos ons
deur die plaas ry en hy die ou
skuur en ou ossewa gaan wys wat
’n bietjie nostalgie aan die boerdery
verleen.
DIE LAASTE VYF JAAR
Die afgelope vyf jaar ploeg hulle
glad nie. Die laaste drie jaar word
daar ook geen bewerking gedoen
nie. Hoewel dit nog te vroeg is om
werklik uitspraak te lewer, hoop hy
dat die resultate ’n groot verskil in
produksie gaan aandui. Die laaste
seisoen se El Niño het hulle ook
nie gespaar nie. Vanaf September
2015 tot April vanjaar het hulle
slegs 211 mm reën ontvang, waar
hulle onder normale omstandig
hede sowat 600 mm per seisoen
ontvang. Dit volg op die onder
normale 2014 en 2015 seisoene.
MOTTO
Eerstens glo Nico “Onmoontlik
is nie ’n realiteit nie, dit is slegs ’n
illusie.”
Twee kritiese elemente in boer
dery, volgens hom, is dat jy betrokke moet wees en nie in jou kantoor
moet sit nie. “Jy moet daar wees.
Jou beste kunsmis is jou voetspore
in die land.” In die beroep is jy
altyd afhanklik van die natuur,
soos ook die afgelope seisoen die
geval was.
Nico en sy familie besef: “Alles
is net genade van Bo en jy moet op
jou knieë bly. Jy kan so hard werk
as wat jy wil, als wat jy ontvang is
seën van die Vader.”
RAAD VAN VORIGE GENERASIES
As daar nou een ding is wat sy
oupa en pa gedoen het, is dat hulle
nie geld geleen het nie. Dit gesê
gebeur daar soms onvoorsiene
dinge op ’n plaas, soos jare gelede,
toe een van twee spanne osse in die
juk deur weerlig getref is. Selfs die
> VERVOLG OP BLADSY 14
SENWES Scenario • AUG/SEP 2016
13