Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 60

••• 58 T UINW E N K E E N WI NS K O P E AUGUSTUS IS WEL BAIE KOUD EN WINDERIG MAAR MET DIE VOORUITSIG VAN LENTE OM DIE DRAAI, HET DIE TUINIER TYD OM DIE LAASTE VOORBEREIDINGS VIR DIE BLOMSEISOEN TE DOEN. BLOEISELS STEEK ORAL KOP UIT EN DIE JASMYNE IS VOL IN BLOM! D ie maand gee ons ‘n spesiale voorskou van ons Spring Splash promosie wat op 21 Augustus 2015 begin om die belangrikste lyne wat hier geadverteer word nou reeds aan te koop. Berei beddings met kompos en potgrond Maak beddings goed skoon en verwyder bossies op die plaveisel. Berei die saadbeddings goed voor deur kompos in dik lae oor te strooi. Werk kunsmis en beenmeel goed in voor jy saai. Jy kan nou reeds begin om somergroente en -blomme te saai. Om jou hier te help is 30dm kompos teen R19.90 verkrygbaar asook 30dm medium potgrond teen R19.90. Bemes grasperke met Wonder 7:1:3 Grasperke moet vir die lente voorberei word deur dit kort te sny, te hark om die ou dooie mat te verwyder asook met ‘n vurk te belug wat water en kunsmis kans gee om by die wortels uit te kom. Hierna kan die gras bemes word met kunsmis spesiaal geformuleer vir grasperke soos Wonder 7:1:3 (Wonder Vitaliser Lawn and Leaf 7:1;3 (15) + C (8) SR*) teen slegs R210 en dit gelykgemaak met ‘n grasperk deklaag. Gereelde water is nou noodsaaklik.