Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 6

••• HO O F STOR I E TWEE HEELTEMAL UITEENLOPENDE LANDBOUSIKLUSSE IN EEN FINANSIËLE JAAR IS WEEREENS DIE KENMERK VAN DIE HOOGS VOLATIELE OMGEWING WAARIN LANDBOUMAATSKAPPYE VOLHOUBAAR BESIGHEID MOET BEDRYF, VOLGENS FRANCOIS STRYDOM, UITVOERENDE HOOF VAN DIE SENWES GROEP.  D ie 2014/2015 wins na belasting van R247 miljoen is ‘n 2% verlaging vanaf die vorige finansiële jaar se R251 miljoen. Daarteenoor het genormaliseerde wesensverdienste per aandeel met 76% verhoog nadat die afgelope jaar se operasionele resultate grootliks teruggekeer het na sy potensiaal. Die beter operasionele prestasie in 2015 kon die eenmalige wins uit die samevoeging van die Afgri en Senwes handelsbesighede in 2014 finansiële jaar grootliks goedmaak. Die grootste oes in 33 jaar het lae graanoordragvoorraad vanuit die 2014 finansiële jaar teengewerk en die marktoegangskanaal het die bedryfsresultate voor belasting met 147% verhoog na R210 miljoen. Die goeie volumes het tot gevolg gehad dat die insetkanaal aanvanklik goed gevaar het, ten spyte van relatiewe lae graanpryse. ‘n Buitengewone droogte het egter sedert Januarie 2015 regoor die somersaaigebied van Suid-Afrika geheers en het spandering op kapitaalgoedere en insetmiddele in die tweede helfte van die finansiële jaar onderdruk. Ten spyte hiervan het die insetkanaal se bedryfsresultate met 11% verhoog vanaf R80 miljoen na R89 miljoen. Die finansiële 4 Augustus/September 2015 • SENWES Scenario dienstekanaal het dieselfde tendens gevolg en die bedryfswins na rente, maar voor belasting het met 4% verhoog na R99 miljoen. “Ten spyte van die wisselvalligheid van die landbou-omgewing handhaaf Senwes sy strategie van konsolidasie deur vennootskappe, herorganisasie en spesialisasie. Die verskeie, gesamentlike beheerde beleggings werp vrugte af en verskaf kritiese massa, optimaliseringsen integrasiegeleenthede sowel as ‘n groter platform vir groei,” sê Francois. TOEKOMSVOORUITSIGTE EN -UITDAGINGS Die effek van die ernstige droogtetoestande tydens die tweede helfte van die 2015 finansiële jaar sal waarskynlik in die groep se prestasie gedurende die 2016 finansiële jaar reflekteer. Afwaartse druk sal waarskynlik ondervind word ten opsigte van graanhanterings- en graanopbergingsinkomste weens verlaagde volumes, wat na verwagting laer sal wees as die vorige jaar. Die hoër oordragvoorraadvlakke behoort tot ‘n sekere mate egter te help met die verlaging van dié risiko. Die deursnee primêre produsent sal waarskynlik nie so winsgewend wees van ‘n netto boerderybasis af nie en dit sal ‘n negatiewe impak op sy spanderingsvermoë ten opsigte van kapitaalgoedere hê. Dit kan weer negatiewe druk op ons meganisasiebesigheidseenheid tot gevolg hê. Die algemene toestande sal ook die invordering van die debiteureboek teen Augustus 2015 beïnvloed.