Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 59

••• RUB RIE K FOTO: LEEF E F EE PRODUSENTE KEN DIE WOORD GENADE DIKWELS SOVEEL BETER AS ANDER. MILANIE VOSLOO JUIS OMDAT DIT WAARUIT EN WAARDEUR HUL LEEF, NIKS ANDERS IS NIE. ‘N Mens besef eintlik eers wat die woord genade beteken as dit nié goed gaan nie. As dit nie reën nie. Jou oes nie goed lyk nie. Dinge toe nie uitwerk nie. In sulke tye word genade vir jou meer as ‘n kerk-les-woord: dan word dit iets waaraan jy vashou ... omdat jy niks anders het nie. Omdat jy besef dat jy self toe tog te swak is. En is dit op sigself nie juis genade nie! Want juis daar ... daar waar jy sonder antwoorde staan, kan jou Vader Sy soort oplossing vir jou wys. Daar waar jy struikel, beland jy op jou knieë – op die beste plek waar jy kan wees. Daar waar jy moedeloos is, vind