Senwes Scenario Augustus / September 2015 | Page 56

••• KOM P E TI SI E S PROTEAS KRIEKETKAARTJIES Die Proteas sê op 23 Augustus die Swart Pette van Nieu-Seeland die stryd aan op Senwes Park in Potchefstroom in die tweede van drie Momentum Eendag Internasionale wedstryde. Vier gelukkige lesers kan elk ‘n stel dubbelkaartjies na die wedstryd op Senwes Park wen. Die prys is ter waarde van R300 wat twee kaartjies van R150 behels. Al wat lesers moet doen om in aanmerking te kom vir een van die pryse is om ‘n maklike vraag te beantwoord. Wie speel op 23 Augustus op Senwes Park in Potchefstroom teen Nieu-Seeland se Swart Pette? SMS Senwes, jou antwoord, jou naam, telefoonnommer en e-pos-adres na 31 022 voor 17 Augustus 2015 om 12:00. Wenners sal op Dinsdag 18 Augustus 2015 by wyse van gelukstrekking per rekenaarsisteem bepaal word en telefonies in kennis gestel word. Pryse kan by Senwes hoofkantoor in Klerksdorp afgehaal word. Standaard sms-tariewe geld. Geen werknemers van Senwes mag aan die kompetisie deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls kan lesers die webtuiste www.senwes.co/SenwesPark besoek. MOMENTUM ONE DAY INTERNATIONAL Die HANNON LIQUID FACE LIFTING SERUM is ‘n addisionele velproduk wat jou vel se fermheid en elastisiteit verbeter. Vanaf die ouderdom van 40 het ons ‘n produk soos dié nodig om hiermee te help. Dit bevat die aktiewe bestanddeel Moist-24 wat die produksie van sitoplasma in die basale laag van die vel stimuleer. Moist-24 bly vir ‘n 24-uur siklus aktief en laat die vel met ‘n jeugdige voorkoms, verhoog elastisiteit, gladheid en sagtheid. Die produk is geskik vir alle veltipes en dit kan gekombineer word met enige HANNON vogroom. Hierdie serum is ideaal vir elke dag se gebruik en jy kan dit ook saans voor jou nagroom aanwend. SMS Senwes, Hannon en jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31 022 voor 30 September om ‘n kans te staan om een van twee geskenkpakke van Liquid Face Lifting Serum ter waarde van R620 te wen. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Die wenners van die verskillende pryse in die vorige twee uitgawes van Scenario is: Hannon: Daleen Prinsloo van Sasolburg Paul Nel van Bloemspruit, Bloemfontein Sarel Schlebusch van Hennenman Effekto: Mardine Meyer van Hartbeesfontein CUM Boeke: Ina Hawkesley van Bothaville Annelize Janse van Rensburg van Ottosdal Outdoor Clothing: Ansie Botha van Wesselsbron Woundcare: Hester du Preez van Vanderbijlpark Ronel Fourie van Lichtenburg PROTEAS vs NEW ZEALAND 23 August 2015 @ 10:00 SENWES PARK Tickets at Senwes Park Reception Monday to Thursday 09:00 - 16:00 Fr Y^H N